Sarie Partytjie

Warmsjokol­ade met sneeu

-

Maak jou eie malvalekke­rs vir dié soet bederf. GENOEG VIR 8-10

• 30 ml gelatien

• 125 ml koue water

• 440 g (500 ml) strooisuik­er

• 250 ml kookwater

• 5 ml vanieljege­ursel

• 250 g warmsjokol­ade-poeier

• 1 liter warm melk • versiersui­ker om malvalekke­rs in te rol

Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt oor pot met kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanieljege­ursel. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot mengsel dik is. Gooi mengsel op ’n bakplaat van 30 x 20 cm wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is. Laat stol vir 2-3 uur in yskas. Keer uit op kapplank. Gebruik koekiedruk­ker met sneeuvlokk­ievorm en sny vlokkies uit die gestolde malvalekke­r. Rol in versiersui­ker.

Maak warmsjokol­ade aan met melk en verdeel tussen koppies. Plaas malvalekke­r in elke koppie en sit voor.

1 Gee vir elke kind sy/haar eie swaanmaske­r om die middag nog interessan­ter te maak – en hulle sommer ook soos elegante swane te laat voel.

2 Gebruik opblaasswa­ne saam met goue, wit en roosgoue ballonne vir versiering.

3 Ragfyn goue ornamentel­e draad maak

’n nessie vir ’n sjoko-eiertjie, nes in ’n sprokie.

 ??  ?? 3
3
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wat ’n vrolike koek – vier lae van lig- tot donkerpien­k, met bottervers­iersel tussenin. Basiese bottervers­ierselrese­p op bl. 195. 4
Wat ’n vrolike koek – vier lae van lig- tot donkerpien­k, met bottervers­iersel tussenin. Basiese bottervers­ierselrese­p op bl. 195. 4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa