Sarie Partytjie

Rocky road-koekies

-

’n Beter bederf kry jy nie maklik nie. Maak seker jy het iets van alles in. Malvalekke­rs en moutballe is ’n moet.

GENOEG VIR 12

• 1 x 300 g-pak klein

malvalekke­rs

• 600 g moutballe

• 1 x 100 g-sakkie pistasiene­ute

• 1 x 100 g-sakkie witsjokola­de

splinters

• 300 g donkersjok­olade, gesmelt

Voer ’n 20 x 15 cm-broodpan uit met bakpapier. Plaas al die bestanddel­e behalwe gesmelte sjokolade in groot mengbak. Gooi sjokolade oor en meng goed met houtlepel. Gooi hele mengsel in koekpan en druk dit stewig vas in die pan met ’n houtlepel. Plaas nog ’n stuk bakpapier bo-op en plaas ’n skoon bord bo-op met iets swaars daarop wat die mengsel platdruk – ek gebruik sommer blikkies vrugte. Plaas vir 20-25 minute in yskas of tot sjokolade gestol het. Haal uit pan. Sny in skywe en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa