Sarie Partytjie

Sjokoladef­udge-skywe

-

Vir hierdie resep bak jy niks! GENOEG VIR 8

• 200 g vanieljeko­ekies

• 80 g botter, gesmelt

• 385 g-blik kondensmel­k

• 80 ml gouestroop

• 20 g botter

• 200 g donkersjok­olade

• hand vol sjokolade-vermicelli

Maak koekies fyn in voedselver­werker en voeg 80 g botter by. Meng tot dit die tekstuur van klam seesand kry (voeg nog botter by as dit nodig is). Voer koekpan van 20 x 20 cm met bakpapier uit. Gooi krummels in pan en druk stewig op bodem vas met vingerpunt­e. Plaas kondensmel­k, stroop en 20 g botter in middelslag-pot oor lae hitte. Roer tot mengsel kookpunt bereik. Hou aan roer en laat kook 8-10 minute tot ligte karamel vorm (soos koffie met melk). Gooi warm mengsel oor krummels en smeer gelyk. Laat stol 1 uur in yskas. Smelt sjokolade in glasbak oor kastrol met water. Moenie dat die bak aan die water raak nie. Gooi gesmelte sjokolade oor karamel, sprinkel vermicelli oor en laat stol weer in yskas. Keer uit en sny met skerp mes in blokkies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa