Sarie Partytjie

Croquembou­che-vuurpyl

-

’ n Vuurpyl van poffers is net wat nodig is vir ’ n soet reis na die maan Herman

Jy kan die poffers voor die tyd maak en vries. Vir ’n kleiner vuurpyl kan jy die resep halveer. GENOEG VIR OMTRENT

100 POFFERS

POFFERS

• 500 ml melk of water • 250 g botter

• 5 ml sout

• 375 g koekmeel

• 625 g eiers (10-12), liggies

geklits, plus 1 ekstra

Verhit melk of water, botter en sout in ’n groot pot. Haal van plaat af wanneer botter gesmelt het en mengsel begin kook. Voeg dadelik al die meel by en roer vinnig met ’n houtlepel of silikoonsp­atel.

Sit pot terug oor matige hitte en roer aanhoudend tot ’n bol vorm. Sit deeg in ’n menger met ’n mengspaan ( K-beater) en klits baie stadig tot dit koel voel as jy daaraan raak. Laat menger teen gemiddelde spoed loop en voeg geklitste eier bietjies-bietjies by en klits goed ná elke byvoeging. Bedek deeg met kleefplast­iek en sit vir 2 uur in yskas. Verhit oond tot 220 °C. Voer 4 bakplate met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Sit ’n 1 cm-skerprandt­uit in ’n spuitsak en vul sak halfpad met die koue deeg. Hou punt 1 cm van bakpapier en spuit hopies deeg van

2-3 cm groot. Lig spuitsak elke keer vinnig boontoe om deeg “af te breek”. Klits ekstra eier goed. Doop ’n vurk in eier voor jy dit liggies op die deeghopies druk. Druk vurk in twee rigtings om ’n ruitpatroo­n te vorm. Plaas in oond en bak vir 15 minute tot heeltemal uitgepof. Draai temperatuu­r laer tot 190 °C (sonder om die oonddeur oop te maak) en bak tot oraloor goudbruin en ferm. Laat op bakplaat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

VLAVULSEL

• 1 liter melk

• 250 g suiker, plus ekstra vir

oorsif

• 4 groot eiergele, plus 2 groot

eiers

• 85 g mielieblom

• 60 g botter

• 15 ml vanieljege­ursel

Gooi melk en helfte van suiker in ’n groot pot en verhit oor matige hitte tot suiker opgelos het. Verhit verder tot dit net-net begin kook. Plaas eiergele en eiers in mengbak en klits goed met ’n draadklits­er.

Sif mielieblom by, voeg orige suiker by en klits tot glad en lig. Wag tot melk kookpunt bereik en klits ’n kwart in ’n dun straaltjie by eier in. Roer eiermengse­l stadig by res van melk in pot. Roer aanhoudend oor matige hitte tot vla verdik, haal van plaat af en roer botter en vanielje by. Gooi vla deur ’n sif, sprinkel ’n bietjie suiker oor en bedek met kleefplast­iek om te keer dat ’n vel vorm. Sit oornag in yskas.

Vul poffers só: Maak ’n gaatjie met ’n sosatiesto­kkie in elke poffer.

Sit ’n klein ronde spuitstuk in ’n spuitsak en vul sak met vla. Spuit vulsel by gaatjie in tot poffer swaar voel, maar oppas om dit té vol te spuit.

FONDANT EN AANMEKAARS­IT Voor jy begin, trek ’n polistiree­nkegel van so 35 cm hoog oor met papier en sit dit op ’n koekstaand­er. Maak die fondant aan en plak die poffers eers 1-3 uur voor jy dit wil voorsit omdat dit nie lank sal bly klou nie.

• 650 g gesifte versiersui­ker • 125 ml vloeibare glukose • 180 ml water • jelkoskleu­rsel (opsioneel)

Plaas versiersui­ker, glukose en water in ’n glasbak bo ’n pot met ’n bietjie kookwater en meng. Hou hitte laag sodat water warm bly. Voeg ’n bietjie water by die mengsel indien dit te dik is. Kleur fondant met jelkoskleu­rsel

 ??  ?? SARIE 2020
SARIE 2020
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa