Sarie Partytjie

Filmrol-roomysbroo­djies

-

• 175 g (190 ml) sagte botter • 115 g (220 ml)

versiersui­ker

• skil van 1 nartjie, gerasper • 265 g (475 ml) koekmeel • 35 g (55 ml) mielieblom

( cornflour)

• 2 liter vanieljero­omys

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, suiker en nartjieski­l in ’n middelslag-mengbak en room met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg meel en mielieblom by en meng tot ’n sagte deeg. Draai in kleef-plastiek toe en laat rus 25 minute in yskas. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ronde koekiedruk­ker van 5 cm in deursnee en druk 24 sirkels uit die deeg. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Plaas koekies op bakplaat en sny in elke koekie sirkels van 5 mm in deursnee om die rand – soos ’n filmrol. Bak 10-12 minute of tot gaar. Laat afkoel. Skep balle roomys en plaas tussen twee koekies. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa