Sarie Partytjie

Klapperys

-

As kind was hierdie my gunsteling-lekkergoed­bederf! GENOEG VIR 8-10

• 400 g (500 ml) suiker • knippie sout

• 150 ml water

• 1 ml kremetart

• 12,5 ml glukosestr­oop

(beskikbaar by apteke) • 5 ml vanieljege­ursel

• 5 ml blou koskleurse­l • 160 g (500 ml) klapper

Voer ’n ronde losboompan van 20 cm in deursnee en 5 cm diep met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei.

Meng suiker, sout, water, kremetart en glukose in ’n kastrol. Bring mengsel tot kookpunt oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer.

Dit moenie begin kook voordat die suiker opgelos is nie.

Kook tot 115 °C (gebruik ’n suikerterm­ometer). Haal van hitte af en laat afkoel tot louwarm (40 °C). Voeg geursel, kleursel en klapper by. Klop tot dik en romerig – die maklikste is om dit in ’n elektriese menger te gooi. Gooi mengsel in uitgevoerd­e pan en druk plat. Maak nou die res van die gekleurde lae.

Geel en pienk laag

Volg die resep hierbo. Vervang net die blou koskleurse­l met die geel koskleurse­l. Skep die geel laag bo-op die blou laag en druk vas. Doen dieselfde met die pienk laag. Laat klapperys behoorlik afkoel en styf word voordat jy dit in blokkies sny.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa