DIE KOEK Roomyskoek
Hierdie koek is so maklik om te maak, jy het net ’n vrieskas nodig! GENOEG VIR 1 KOEK
• 100 g wit baksjokolade • pienk poeier-koskleursel • 5 liter gladde aarbei-envanieljeroomys (koop een in ’n ronde houer)
• 2 liter gladde aarbeiroomys • 250 ml room
• pienk koskleursel
• 1 hand vol veelkleurige koekstrooisels
Smelt witsjokolade in glasbak oor pot met pruttende water. Kleur pienk met poeierkleursel – vloeibare kleursel werk nie met sjokolade nie. Skep lepels vol van die sjokolade op bakpapier en trek met die agterkant van ’n eetlepel daardeur vir lang ovaalvorms. Laat stol in yskas. Doop 5-liter-roomyshouer vinnig in kookwater en keer uit op koekstaander – die roomys is reeds in koekvorm. Smeer kante gelyk met slaplemmes. Plaas koek met staander en al terug in vrieskas.