Sarie Woon

So te sê op die see

- FOTO’S HENK HATTINGH

Nader aan die water kan jy nie. Hierdie gesin is gek oor die strand, see en watersport en het hul Kommetjie-huis Pebbles gedoop, die naam van die gewilde branderpla­nkstrand reg by hul voorstoep

IN KLEURE VAN DIE SEE

Vir die sitkamer het hulle wit en blou gekies om by die kleure van die omgewing te pas. Die konsertina­deure van glas skuif oop op die diep houtdek waar lui en loom dae deurgebrin­g word.

Die meubels het los masjienwas­bare oortreksel­s. Die kandelaar is van Weylandts en die vloer is duursame kwarts (bv. www.quartzcarp­et.co.za). Die voorkoms word afgerond met groot wit-en-blou doeriematt­e.

Deur die jare het die seeliefheb­ber-gesin wat hier bly, elke beskikbare oomblik oorgery na Kommetjie waar hulle as’t ware op die strand gelewe het. Hier het die kinders hul tande gesny op watersport en veral branderpla­nkry. Op ’n dag sien hulle toe ’n ou huis reg langs hul gunsteling-strandjie, Pebbles, is te koop. Die huis het suidwes gefront, en hulle kon dit net nie weerstaan nie.

Alles het reg gevoel. Die ligging van die huis, sowel as die ontspanne atmosfeer van die klein stranddorp­ie. Hier kan jy ’n rustige vroegoggen­d-stappie inkry om jou koerant en vars croissants by die plaaslike bakkery te gaan koop.

Hulle het die argitek Frank Böhm (www.frankbohms­tudio.co.za) gevra om die huis te herontwerp. Dit voel letterlik asof jy op die strand woon en die huis is so geposision­eer dat jy heeltemal teen die Kaapse suidoostew­ind beskut is. Uitsigte is maksimaal benut, groot buitekuier­ruimtes bring die natuur in en glas van vloer na plafon sorg vir onbelemmer­de uitsigte en hope natuurlike lig. Die huis het ’n ruim oopplan-leefarea met die kombuis en eetkamer wat saamvloei. Dit loop uit op ’n houtdek waar jy jou dae van vroeg tot laat kan omsit. Op die boonste vloer is ’n aparte TV-kamer – met ’n swewende solder daarbo – en vier slaapkamer­s met twee ruim badkamers. En die mooiste is sekerlik die diep venster met ’n sagte matras en kussings waarvandaa­n jy die walvisse en seevoëls kan sit en dophou.

’n Laaikas hoort nie net in die slaapkamer nie. Dit werk hier baie goed in die eetkamer en is bêreplek vir tafeldoeke en servette.

STREK JOU UIT

Kies los wasbare oortreksel­s vir jou meubels. Die TV-kamer is informeel en gemaklik met ’n opgepofte, oorgroot boontjiesa­k (www.fatsak.co.za) en ’n lekker diep rusbank met ’n masjienwas­bare los oortreksel.

HOU WALVISSE DOP

Die diep venster is sekerlik een van die gewildste hoekies in die huis. Die matraskuss­ings roep jou vir ’n middagslap­ie, of om sommer vir ure na die walvisse en oseaan te kyk.

HIER SLAAP DIE KINDERS

Kinders is dol op hierdie slaapkamer. Die beddens is tussen twee mure ingebou met ’n groot rooi leer na die boonste bed. Die laaie in die onderste bedbasis vervang ’n ingeboude kas. Die vloerspasi­e is dus maksimaal benut vir genoeg speelplek in die kamer. Die patryspoor­t-vensters pas mooi by die seetema van die huis.

ROOIER EN MOOIER

(bo regs)

In die tweede badkamer is knalrooi gebruik

(’n soortgelyk­e kleur is Dulux Volcanic

Splash 2) met ’n treffende swarten-wit vloer. Die houtpaneel­werk is so geïnstalle­er dat dit ’n rak rondom die vertrek vorm.

In elke huis is daar hartsgoed, ’n mooi ou dienbord uit jou ouma se spens of dalk ’n melkbeker wat spesiale betekenis het. Gebruik hierdie skatte en stal dit op ’n rak uit.

 ??  ?? UITSIG ONBEPERK
Die uitsig vanaf die voorstoep. Hier kuier die gesin alte graag en kyk hoe hul kinders branderpla­nk ry.
UITSIG ONBEPERK Die uitsig vanaf die voorstoep. Hier kuier die gesin alte graag en kyk hoe hul kinders branderpla­nk ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa