VAT ’N BLAASKANS
Die patio met kalm kleure en koel skaduwee loop uit die eetkamer en kyk uit oor die tuin en swembad. Van die meubels is ’n sagte groen geverf en Hettie het ’n paar helderkleurige kussings bygevoeg. Hier kuier die gesin graag op ’n warm dag of vroegdag oor koffie.