KOOK ’N STORM LOS
Die kombuis is ruim en loop uit op die agterstoep, wat ’n ewe mooi uitsig het. Dit is toegerus met ’n lekker groot stoof en die vloer is praktiese afgevlakte verseëlde sement. Die wasbak en stoof is presies teenoor mekaar geplaas met wit teëls daaragter identies afgewerk met ’n smal ry swart teëls. Die twee eenderse rakke, albei die hele lengte van die kombuismuur, pas by die simmetrie van die res van die kombuis.