Sarie Woon

60’s-huis kry nuwe baadjie

Met die koms van hul tweede baba was dit tyd vir Regardt en Annelize van Tonder om ’n groter blyplek te soek. Ná die soveelste skouhuis het ’n kollega van Annelize genoem dat hulle hul huis op SomersetWe­s verkoop. Die jong egpaar het die potensiaal raakge

- foto’s WILLEM LOURENS

Wat het julle oorreed om die huis te koop?

Omdat ons die huis direk gekoop het, was daar geen agentfooie nie. Boonop is die kollega ’n ingenieur wat reeds gesorg het vir songeisers, ’n verhitte soutswemba­d en ’n reënwatert­enk. Die huis het ook ’n ekstra woonstel wat huurinkoms­te kan verskaf.

Die uitsigte op die berg en see is pragtig, en die huis is net een straat van die skool af.

Ons was ook mal oor die ou houtvloere, en die goeie uitleg en vloei van die vertrekke het beteken dat dit maklik in ’n moderne, oop en skoon styl verander kon word. ’n Vierde slaapkamer kon geskep word deur ’n kas te skuif en ’n pleisterbo­rdmuur ( drywall) op te rig – sien huisplan op bl. 100.

Wat was die grootste uitdagings?

Die huis is in die 1960’s gebou en dit was tyd vir vernuwing. Benewens geld, was die tyd ook min, want die opknapping­sprojek

moes binne twee maande so ver wees dat dit binne leefbaar sou wees vir intrek.

Annelize, ’n bemarkings­bestuurder, moes teruggaan werk toe ná haar kraamverlo­f, en Regardt, mede-eienaar van Legado-koffie, se tyd was ook beperk. Hoe het julle besluit wat om eerste te doen? ’n Span verwers het buite en binne alles wit begin verf, met die hoë dennehoutp­lafonne eerste terwyl die huis leeg was.

Die uitkap- en pleisterwe­rk was volgende. Die deuropenin­g na die leefkamer is vergroot, nog ’n venster is in die kombuis ingesit, en die boog tussen die kombuis en eetkamer is uitgekap.

Vir ons was die kombuis die hoofpriori­teit en dit moes heeltemal gestroop en voltooi word voor ons intrek. Badkamers was laaste op die lys.

Veiligheid en sekuriteit is vir ons baie belangrik en dit was ’n groot uitgawe. Die hele erf is omhein, en diefwering en veiligheid­shekke is geïnstalle­er.

Het julle profession­ele hulp gekry?

’n Vriend wat bouprojekt­e doen, het hulp en raad gegee. Hy het ook vir die dienste van ’n bekwame ambagsman gesorg. Regardt het egter self toesig gehou en al die aankope gedoen.

Waar het julle nog geld gespaar?

Regardt het self die kombuis geïnstalle­er. Ou kaste se geraamtes en deure was nog bruikbaar en is herrangski­k, nuut geverf en het nuwe handvatsel­s gekry. Met ’n paar eenhede teen mekaar is ’n eiland gevorm.

Die badkamers is bloot van dak tot vloer wit geverf, insluitend die teëls. Slegs die gastebadka­mer het ’n nuwe kassie en wasbak gekry.

Uitverkopi­ngs is fyn dopgehou.

Die yskas en gasstoof was ’n spesiale aanbod by Tafelberg Meubels, net soos die matte van Hertex en lampskerms van Mr Price Home, asook pasklaar gordyne vir slaapkamer­s.

Die gordyne vir die eet- en sitkamer is spesiaal laat maak en was ’n groot uitgawe, maar deur ’n afwerking soos kartelploo­ie bo te kies word minder materiaal benodig.

’n Skrynwerke­r is op Gumtree opgespoor wat billik gekwoteer het vir doelgemaak­te deure en vensters.

Was daar ’n paar verrassing­s?

Om die kombuisvlo­er gelyk te kry moes ons al die teëls opkap. Die sementvlak onder die ou teëls het verkrummel en ’n hele nuwe kombuisvlo­er moes gelê word.

Nuwe bedrading was nodig en het die begroting ’n knou gegee.

Het julle ’n paar wenke om te deel? Kombuis:

Hergebruik die ou kombuiskas­te en hul deure, maar maak seker dat jy elke deur nommer sodat jy weet wat waar teruggepla­as moet word.

Verwyder al die ou deurknoppe en skarniere en vul gaatjies met houtvuller, wat later glad geskuur moet word.

Skep ’n gevoel van ruimte deur weg te doen met hoë muurkaste.

Een hoek van die kombuis is in ’n instapkas omskep, byna soos ’n klein spens.

Kies diep wasbakke waarin jy skottelgoe­d kan opgaar.

Volg die regte stappe om ou kombuiskas­te en teëls te verf: •

Was al die oppervlakk­e skoon met suikerseep.

Gebruik sponsrolle­rs en verf ’n onderlaag van Dulux Supergrip, laat droog word en verf dan twee lae met Dulux PearlGlo.

Vloere:

Behandel afgeskuurd­e hout met ’n verseëlaar met ’n waterbasis wat nie vergeel nie.

Het julle nog raad vir mense wat wil restoureer?

Maak ekstra voorsienin­g in jou begroting, want daar is altyd verskuilde koste.

As jy nie heeltyd self toesig kan hou nie, stel iemand aan. Dit kos duur as kontrakteu­rs foute maak.

Moenie kortpaaie volg nie. Fokus eerder op een vertrek soos ’n kombuis en gebruik afwerkings en toebehore van gehalte.

Ouer huise se vertrekke is normaalweg ruimer as dié van nuutgeboud­es en jy verkry so meer vierkante meter om in te woon. As jy kans sien vir restoureer, is die bonus ’n heerlike huis in ’n gevestigde area, volgens jou eie smaak ingerig. Hou net moed.

 ??  ?? Voor r Sitkame
Voor r Sitkame
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa