Sarie Woon

Nuut in badkamers

Die jongste dekorgiere is nou selfs in jou mees persoonlik­e ruimtes soos die badkamer te bespeur. Hier is ’n paar wat die toets van die tyd sal deurstaan

-

Ronde spieël, swart kraan, ’n leer, gekleurde handdoeke

TWEELINGST­ORT

Met waterbespa­ring op almal se lippe, is stort in en bad uit. In die badkamer van Ryno en Marita Palm in die Strand is die stort ruim genoeg ingerig vir die hele gesin. Swart skuifdeure skort die area af. Die koperloodg­ieterpype wat nie in die muur gesonke is nie, is in die kol volgens die nuutste tendense. Dis ook baie prakties vir enige herstelwer­k in die toekoms. Wit metroteëls bedek die muurgedeel­te wat kan nat word. Vir kontras is die res van die mure ’n houtskoolg­rys geverf.

Koper, stort, swart skuiframe, metroteëls

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa