Sarie Woon

Nostalgies­e Danielskra­al

Anderkant Calitzdorp kronkel die pad verby vrugteboor­de en wingerde. Dan, as jy afsak deur die Karooveld, staan die grasdakhui­s daar asof dit net vir jou gewag het. Vir Ian en Rosheen Kriegler is dit ’n plek om te rus en ontlaai

- foto’s HENK HATTINGH

Die Krieglers het heel toevallig ’n advertensi­e vir Danielskra­al in ’n tydskrif gesien en by die eerste geleenthei­d van Johannesbu­rg af gevlieg om na die plaas te kom kyk. Veral Rosheen is mal oor die Karoo en Ian het gesien dat hy hier heerlik sal kan fietsry. Hulle het daar en dan besluit om Danielskra­al te koop (www.danielskra­alfarm.com).

Min het hulle geweet dat die 2 300 hektaar ’n ryke wild- en voëllewe huisves. Die grootste verskeiden­heid vetplantsp­esies per vierkante meter in die wêreld is ook hier te kry, sê hulle. Nog ’n verrassing was dat daar genoeg water is om aan die Klein Karoo Landelike Watervoors­ieningskem­a water te kan verskaf.

Die huis is teen 1836 gebou en Ian vertel dat die ou wapad, wat aan die agterkant verbyloop en nog plek-plek sigbaar is, die oorspronkl­ike wa-roete tussen Kaapstad en Grahamstad was. Jy kry so ’n klein ruggraat-rilling as jy hoor dat C.J. Langenhove­n se spookstori­e “Die vrou voor die hek” juis op dié wapad afgespeel het.

Die Krieglers het die huis pragtig gerestoure­er sonder om karakter prys te gee. Rosheen het self die dekor gedoen en dit voel asof jy al lank hierdie plek ken.

Vir hulle is Chris Steer en Sally Manson wat die plaas behartig en na die gaste omsien, die grootste aanwins. Iets waarvan die SARIE-span kan getuig. Ons is so warm en vriendelik ontvang en geen moeite is ontsien om ons tuis te laat voel nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa