Sarie Woon

Die tweelinghu­is

Twee argiteksvr­iende, Jan Desseyn en Richard Perfect, het hierdie skakelhuis­e in die ou deel van Robertson as heerlike wegbreekhu­ise ingerig

- foto’s HENK HATTINGH

Jan vertel dat hy eintlik ’n plasie in die distrik wou aanskaf nadat vriende ’n huis (sien bl. 88) hier gekoop het. Die soektog het niks opgelewer nie totdat Jan op dié ongeslypte diamant op die dorp afgekom het. Hy het Richard daar en dan gebel en dit het min oortuiging geverg: Hulle het sommer nog dieselfde dag besluit om dit te koop.

Die oorspronkl­ike vier skakelhuis­e, wat waarskynli­k aan ambagsmann­e behoort het, is later in twee skakelhuis­e omskep. Toe hulle dit koop, was dit een groot woonhuis. Dit was leefbaar, maar hulle wou dit weer in twee verdeel. Dit sou heelwat restourasi­e verg, maar Jan en Richard het kans gesien. Min is aan die struktuur verander, maar ’n gemeenskap­like stoep met twee slaapkamer­s is aan die agterkant aangebou. Jan beskryf die stoep as die hartklop van die twee huise.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa