Sarie

GUNSTELING­E

Kos Ma s’n Drankie Grapetiser Musiek Die rapper J. Cole Fliek Vakansiepl­ek Kaapstad, ek’s daar gebore

-

Hoe voel jy oor jou prestasie onlangs by die Vrystaat-kampioensk­ap in Bloemfonte­in, waar jy die 100 m in 9,98 sekondes kafgedraf het?

Dit was van kleins af ’n droom om die item in minder as 10 sek. af te nael. En nee, ek gaan nie voortaan daarop fokus nie. Dit was net deel van my spoedwerk vir die Olimpiese Spele.

Jy was so uitgeput toe jy verlede jaar by die Wêreldbyee­nkoms in Beijing die 400 m gewen het, jy is vir waarneming in die hospitaal opgeneem. Wat het jou daardie laaste paar treë in die pylvak gedra?

Alles gebeur so vinnig . . . die laaste 100 m het ek besef ek is voor. En toe het ek myself net gedruk om voor te bly!

Met jou gene was daar seker altyd net een rigting?

My ma, Odessa, was op haar dag ’n uitstekend­e naelloper en het ook hooggespri­ng. My pa, Wayne, was ’n hoogspring­er. En ekself: As ek reg onthou, het ek as junior 2,06 m gespring. My ouma, oupa, ooms, tannies . . . sport “loop” sterk in my familie.

By die SA Sporttoeke­nnings verlede jaar het jy drie eerbewyse ontvang. [Sportman en Sportster van die Jaar, en toeskouer-gunsteling.] En as pryse onder meer twee Mercedes-benz C-klas-motors, waarvan jy een vir jou stiefpa, Steven [Swarts], gegee het. Jy het al gesê hy het veral ’n groot invloed op jou ontwikkeli­ng as atleet gehad?

musiek, rap, enigiets waarvan ek hou. En, ja, ek bid, elke keer.

Ans Botha, jou afrigter sedert 2013, is in haar sewentigs. Jy het al gesê sy is moederlik en beskermend, maar vat nie nonsens nie. Dis duidelik ’n kombinasie wat vir jou werk?

[Lag.] Ons luister na mekaar. Sy weet waarvoor ek lief is en ek weet wat sy wil hê. Daar is wedersydse respek.

Koerantber­igte verwys na jou nederighei­d. Hoe bly jou voete op die grond?

Ek is ’n doodgewone ou wat my lewe probeer leef so goed ek kan. Dat so baie mense my ondersteun, hou my nederig. My ma, stiefpa, Ans . . . eintlik my hele familie is rolmodelle. Hulle het sekere eienskappe en ’n ingesteldh­eid waaruit ek kan put om my eie karakter te bou.

Herken mense jou op straat?

Ja, en dit betrap my nog telkens onkant!

Jy het darem tyd vir ’n meisie, tussen jou studies en sport?

Ek en Chesney Campbell gaan al sowat drie jaar uit. Sy doen haar Ma-graad in sosiologie en is ’n junior lektrise by Kovsies. Sy stel in sport belang, maar neem nie aktief daaraan deel nie. Ek sal haar moet omkoop om saam met my te gaan draf! Ons gaan fliek graag, en sy het meestal eerste keuse oor wat ons gaan kyk. Nooit

nie, sy haat dit.

Hoe lyk jou dieet?

Soos met alles, is my kossmaak eenvoudig. Ek woon by my ouers en eet drie gebalansee­rde maaltye per dag. Tipies Suid-afrikaner, hou ek van vleis, maar ek vergeet ook nie my groente nie. Daar is dae dat ek rebels voel en kitskos crave, maar ek oordoen dit nie. Die kolonel se hoender is my gunsteling, maar ek vermy dit sedert ek gehoor het hoe ongesond dit is.

En ná ’n byeenkoms?

Dan crave ek ’n lekker yskoue Coke. Dis dalk die suiker waarna my lyf smag.

Hoe voel dit om deel te wees van ’n Olimpiese Spele waar ons werklik ’n kans staan om ’n goue medalje in die naellope te wen?

Ek is ’n groot bewonderaa­r van die huidige generasie jong atlete. Tydens oorsese deelname het ons ’n baie goeie verhouding opgebou. Ons is ’n hegte groepie wat mekaar ondersteun. Ek en Gideon Trotter, 100 m-naelloper, is veral goeie vriende en oefen saam. Oor ons kanse by die Spele: Jy moet topfiks wees, gefokus en jou strategie vooraf bedink om die beste van jou kans op ’n medalje te maak.

En oor jou eie deelname?

’n Goue medalje in Rio is al geruime tyd my doelwit. Toe kry ek een ’n jaar vroeër, in Beijing. Dit gee my ’n inspuiting, ’n klein voorsprong, iets wat my gefokus hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa