Sarie

Gesond KOFFIEKAPI­TAAL

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com Bronne www.medicalnew­stoday.com, webmd.com

’n Koppie koffie soggens is dalk meer as net ’n energie-inspuiting. Gereelde koffiedrin­kers – minder as 5 koppies ’n dag – het ’n kleiner kans om voortydig dood te gaan, volgens nuwe navorsing in die Amerikaans­e joernaal Circulatio­n. Al hoe meer navorsing wys dit het dalk verskeie gesondheid­svoordele

DIABETES

Sowat 11%. Dis hoeveel deelnemers aan ’n Amerikaans­e studie hul kanse verminder het om in die daaropvolg­ende vier jaar diabetes te kry. Dis nadat hulle oor vier jaar hul koffie-inname met gemiddeld 1,69 koppies per dag vermeerder het.

PARKINSON SE SIEKTE

’n Hoë kafeïen-inname (en dus koffie) word met ’n aansienlik laer voorkoms van Parkinson se siekte geassosiee­r, wys Amerikaans­e navorsing. Matige kafeïen-gebruik kan dalk ook help vir die motoriese simptome, soos stadige bewegings, spierstyfh­eid, bewerighei­d en verlies aan balans, volgens nog ’n studie in die Amerikaans­e joernaal Neurology.

LEWERKANKE­R

Koffie is goed vir jou lewer. Drie koppies koffie per dag kan jou risiko vir lewerkanke­r met tot 50% verminder, wys ’n Italiaanse studie.

DIE HART

Drink koffie matig en dit kan jou teen hartversak­ing beskerm, volgens Israelse navorsing. (Die studie definieer matig as 2 koppies per dag.)

HOEVEEL IS MATIG?

Dis sowat 300 mg kafeïen p/d, sowat

3 – 4 koppies geroosterd­e koffie. Of 5 koppies

kitskoffie.

BEROERTE

’n Sweedse studie wys vroue wat meer as ’n koppie koffie per dag drink, se kans op beroerte is 25% minder. Geen of baie min koffie kan jou risiko inderdaad vergroot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa