Sarie

Ons wêreld

- SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN

DRIEKUNS VIR AFRIKAANS

’n Afrikaanse animasie-fliek van net 3 minute en 20 sekondes is vir ’n derde internasio­nale animasie-fees gekeur. Naomi van Niekerk se film van Ronelda Kamfer se treffende gedig, “’n Gewone blou Maandagogg­end”, is uit 2 680 inskrywing­s van 86 lande gekies om vandeesmaa­nd saam met 215 ander by die Annecy-animasiefe­es in Frankryk vertoon te word. Dis die storie van ’n meisie wat grootword op die Kaapse Vlakte. “Geweld is deel van haar daaglikse bestaan, wat vir baie mense onbekend is. Ek dink gehore word ook ingetrek deur die onheilspel­lende, hartseer toon,” sê Naomi.

Die fliek was in 2014 deel van ’n ATKVproduk­sie saam met Diek Grobler. word in Augustus by die kyknet Silwersker­mfees bekend gestel. Dis hoeveel minute SA mans gemiddeld per dag bestee aan onbetaalde huistake soos kosmaak, huis skoonmaak en kinders versorg, volgens die New York Times. Vroue in SA, daarenteen, bestee gemiddeld sowat 4 uur en 23 minute aan dié take. Noorweë is die land waar hierdie werkverhou­ding die minste uit balans is – mans wy 3 uur en 6 minute aan sulke onbetaalde take, en vroue 3 uur en 36 minute.

Bron: factaday.co.za

NOG ’N YOUTUBESUK­SES . . .

Caspar Lee, die 21-jarige Suid-afrikaanse sosialemed­ia-entreprene­ur en akteur, se memoires word in Julie hier uitgereik. Dis ’n moet-hê-boek as jy ’n aanhanger is. (Hy het meer as 5,8 miljoen Youtube-volgelinge en sy video’s is al 489 miljoen keer gekyk.) Sy ma en medeskrywe­r, die Ierse skrywer Emily Riordan Lee, het die boek “in die geheim” geskryf, maar hy’t “net betyds” by die drukkers haar bewerings gekorrigee­r. Caspar, wat in Brittanje gebore en in SA grootgewor­d het, reis deesdae tussen SA, Los Angeles en Londen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa