Sarie

GROOTSTE SAKELESSE GELEER

Delegeer! As jy wil hê jou ondernemin­g moet uitbrei, kan jy nie alles self doen nie. Maar maak seker jy vertrou die mense wat jou help.

-

bykomstigh­ede uit. Dié wat hul klere wil verkoop, laai dit ’n week voor die mark af, en Nina, Nadia en Gisela organiseer dan alles volgens soort en grootte. “Al die verkopers se items word saam uitgestal, nie as aparte stalletjie­s nie, en ons het ’n sentrale betaalpunt. Ons skryf dan neer wie se items is verkoop en betaal hul wins aan die einde van die mark uit, minus ons 10% administra­siefooi,” sê Nina.

Die items word vooraf gekeur. “Ons sorg dat ons items het wat mense regtig sal wil hê. Verkopers teken vooraf ’n kontrak – onbruikbar­e items word nie verkoop nie en dít en die oorskot word aan ’n kinderhuis geskenk,” sê Gisela.

Al die markte is in Pretoria, waar Nadia en Gisela woon, maar hulle het planne om dit later na die Kaap uit te brei, waar Nina woon. “Ons is darem ook al gewoond daaraan om die werk te verdeel. Met die tweede mark was Nina oorsee, maar sy het van daar gehelp om dit te organiseer. Deesdae kan jy van enige plek af jou werk doen!” sê Nadia.

Soos die mark uit sy nate gebars het, het hulle vinnig geleer om ander mense te betrek. “Met die eerste mark het ons alles self gedoen – pryse op die items gesit, dit georganise­er, alles gereël. Ons het ’n week lank tot vroegoggen­d wakker gebly om alles betyds gedoen te kry! Nou gee ons die verkopers riglyne en hulle prys die items self, en ons het ’n hele span wat elke keer help met die reëlings,” sê Nina.

Hulle het al drie nog ’n voltydse werk, maar hulle droom is om eendag net op die mark te fokus. “Ons maak nog nie genoeg geld nie. Dis eerder ’n lekker stokperdji­e en ’n leerskool. Ons leer so baie van entreprene­urskap, logistiek en hoe om met mense te werk. Dit sal seker nie in die nabye toekoms ons permanente werk word nie, maar soos ons aanhou leer, hopelik eendag!” sê Nadia.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa