Sarie

GROOT PLANNE VIR ’N KNAP RUIMTE

Klein beteken beknop? Nooit gesien nie. Jy kan inderdaad ’n tweeslaapk­amerhuis so inrig dat daar meer as genoeg leefruimte vir ’n gesin van vier is

-

MariGroene­wald en Alan Alston bly in die hartjie van Kaapstad. Op pad na die voordeur van hul huis is ’n groot ou boom wat heerlik skaduwee gooi oor die slim beplande klein tuin. Kompleet met ’n sandput waarin hul twee oulike kleuters, Olivia (3) en Neve (2), lekker speel. Die huis se vloeropper­vlak is net sowat 96 m², maar bestaan uit ’n ruim oopplankom­buis en leefarea, twee slaapkamer­s en twee badkamers. En in die nok van die dak is ’n speelvertr­ek met ’n ekstra bed as hulle oorslaapga­ste kry.

Alan, ’n sakeman, en Mari, ’n vryskut-modestilis, vertel hulle het ’n klein bietjie verander aan die struktuur van die huis en dit as’t ware kleiner gemaak toe hulle ’n klein, donker vertrek aangrensen­d aan die kombuis en kinders se kamer laat afbreek het vir meer ruimte in hul leefarea buite. (Die erf se grootte is 180 m².) Groot glasskuifd­eure is geïnstalle­er in die kombuis en kinders se kamer vir maksimum lig, en albei deure lei na die agtertuin.

NATUURLIKE LIG

Die leefarea is ruim en lig danksy die groot glasskuifd­eure wat ook die voordeur is. Die vloer van Oregonden, wat verkleur was weens jare se lae vernis, is afgeskuur en met Woodoc se mat-vloerverni­s en Full Moonkleurt­int verseël om dit ’n geskropte voorkoms te gee. Die leerbank is ’n praktiese keuse vir klein kinders, en dit dra by tot die aardsheid van die vertrek. Mari het hier min kleur gebruik, wat dit ’n kalm vertrek maak. Kyk hul slim plan om te keer dat die kleintjies sonder toesig die trap klim. Dis ’n plank aan skarniere wat kan oopklap en is met swartbordv­erf geverf.

LOWERGROEN PAADJIE

’n Smal steeg, verby die groot boom, lei jou na die voordeur. Die muur is welig toegerank met klimop. Mari, met Olivia op haar skoot, en Neve wag ons in op die blou bank by die voordeur. Die sementpaad­jie word afgewissel met plat rivierklip­pe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa