Sarie

Min-moeite-tuin

-

GEBRUIIK JOU MURE

Somer en winter kuier die gesin hier. Muurspasie is weer benut met smal plantbakke waarin hulle slaai, kruie en vetplante plant. En vir warm dae is daar ’n buitestort.

MAAK DIT MOOI EN PRAKTIES

Die en suite-badkamer is ’n smal vertrek die lengte van die slaapkamer met die toilet en wasbak aan die een kant en stort aan die ander kant. Hier is ook rakke tussen die wasbak en stort opgesit met ’n reuse-spieël bo die wasbak. Die vloer is afgevlakte sement wat verseël is. Soortgelyk­e teëls is by CTM te kry.

KALM KLEURE VIR DIE SLAAPKAMER

Die slaapkamer het ook ’n rak bo die bed wat as bedkassie dien. ’n Aankniplig­gie is ’n slim oplossing vir ’n bedlampie. Die kapstok sorg dat kasspasie meer is. Die deken en strooikuss­ings is al kleur in die vertrek. Benut die spasie agter ’n deur. Sit hier hake op waar jy bv. jou krale en serpe of handsakke of selfs ’n skoensak kan ophang.

VROLIKE SPEELPLEK

Die speelkamer in die nok van die dak is elke kind se droom, met ’n tent, rakke vol speelgoed en ’n lekker diep ingeboude bed waar jy kan rus as jy moeg gespeel is, of waar gaste kan oorslaap. Die mure is versier met diereprent­e.

HULLE HOU VAN KLEUR

Olivia en Neve se kamer is op die grondvloer en hul lae en veilige stapelbed van Ikea het Mari aanlyn op www. nevadafurn­iture. co.za gekoop. Die kunswerke bo die skuifdeur (wat na hul badkamer lei) is Olivia s’n.

DIS BADTYD

Die klein bad, letterlik so groot soos ’n halwe bad, het hulle tweedehand­s raakgeloop. Dis perfek vir die twee kleintjies, maar is ook groot genoeg vir ’n volwassene. Die wasgoedman­djie hang aan ’n stewige geel haak om die vloerspasi­e oop te hou. Aan die teenoorsta­ande muur is ’n wasmasjien en tuimeldroë­r geïnstalle­er.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa