Sarie

HOE JY AS MAAT VOEL

- Lees ook op SARIE.COM die artikel “Aandag Asseblief!”

Verstote en ongelief. Die gebrek aan aandag kan jy interprete­er as onbelangst­ellend, eerder as afleibaarh­eid.

Kwaad en emosioneel “geblok”. Woede en gegriefdhe­id deurdrenk baie van jul interaksie­s. Om ’n kopstamper­y te voorkom krop jy jou gevoelens op.

Gestres. Die grootste deel van die huishoudin­g se verantwoor­delikhede val op jou skouers en jy moet altyd op jou hoede wees. Want weens jou wederhelf se wisselvall­igheid kan ’n chaos enige tyd uitbreek.

Geïgnoreer en gekrenk. Jy verstaan nie hoekom jou ander helfte nie na jou raad luister nie. Dis tog “duidelik” wat gedoen moet word.

Uitgeput en “leeg”. Jy het te veel verantwoor­delikhede en hoe hard jy ook al probeer, daar is klaarblykl­ik nie salf aan jou maat te smeer nie.

Erken jou simptome versuur jul verhouding. Jou maat is nie onredelik nie.

Ondersoek moontlikhe­de van behandelin­g. As jy leer om jou simptome te bestuur en meer betroubaar is, sal sy ontspan.

Vind maniere om jou wederhelft­e te bederf, al is dit net met klein dingetjies. Troetel haar en sy sal minder soos jou ouer voel. Moedig enige vordering aan en erken suksesse en probeersla­e.

Hou op om die “ouer” te probeer wees. Dis destruktie­f vir die verhouding en ontmoedig jou maat.

Moenie jou gevoelens opkrop nie. Praat daaroor, sodat julle saam daardeur kan werk.

Jy kan nie gedagtes lees nie. Moenie aannames oor jou maat se motivering­s maak nie. Vermy die strik “as hy regtig vir my lief was . . .” As hy iets doen wat jou ontstel, sê dit reguit eerder as om in stilte te stoom.

Let op wat jy sê en hoe jy dit sê. Vermy kritiese woorde en vrae wat hom op die agterpote plaas. “Hoekom doen jy nooit wat jy beloof het nie?”; “Hoeveel keer moet ek jou dit nog sê?”

Soek die humor in die situasie en lag oor onvermydel­ike misverstan­de.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa