Sarie

JOU DILEMMAS OPGELOS Watter regte het ek op my oorlede lewensmaat se boedel? My broer en suster skeep ons ouers af

Ek en my spesiale vriend, wat verlede maand skielik oorlede is, was vyftien jaar lank saam. Ons het nie kinders nie. Hy het nie ’n testament opgestel nie en sy broer maak nou aanspraak op alles wat hy nagelaat het, tot sy huis, wat in my vriend se naam ge

- DEUR MARGUERITE VAN WYK sielkundig­e van Stellenbos­ch NAVRAE Stephan: Stephan@vdmattorne­ys.co.za Dr. Bredekamp: Bredekamp@gmail.com Elizabeth: 021 555 1484

prokureur van Durbanvill­e

Saamwoon-verhouding­s geniet in ons regstelsel nie dieselfde regte as dié van getroudes nie. Dít laat mense dikwels in ’n benarde situasie. Hóé lank julle saamgewoon het, beteken dus nié jy kry meer “regte” nie. Kortom: Jy het geen reg op jou gestorwe lewensmaat se bates nie en kan ook nie onderhoud eis teen sy boedel nie. Regters kom soms tot die redding as jy ’n “universele vennootska­p” ( universal partnershi­p) kan bewys. Om dít te doen moet jy onder meer bewys die doel van jul vennootska­p was om wins te maak, dat albei partye bygedra het daartoe en dat dit tot albei se voordeel was.

Destyds, toe julle besluit het om nie te trou nie, sou dit ideaal gewees het as julle by ’n prokureur ’n formele vennootska­psooreenko­ms laat opstel het wat die spesifieke geldsake en behoeftes van die verhouding reguleer ná jou of sy dood. As julle dit gedoen het, glo ek die reg sal jou dan erken het as “spouse” (eggenoot) rakende die “intestate erfreg”, want jy het immers bygedra tot die vennootska­p. Ons land se regters moet egter nog finaal oor hierdie kwessie besluit. Soos sake nou staan, is die broer – as hy die enigste instetate erfgenaam is – geregtig op al die bates van jou oorlede vriend. Om jou lewensmaat te verloor laat jou hartseer, geskok en verdwaas. Jy beleef ’n warboel van emosies en voel straks jou lewensmaat het jou in die steek gelaat. Jy voel dalk jy word nie met respek hanteer deur jou eks se familie nie. Druk gerus op die nommer van jou familie en vriende om jou emosioneel te ondersteun. Met onduidelik­hede oor die boedel of geldsake, kontak liefs ’n prokureur.

kliniese sielkundig­e van Milnerton, Kaapstad

Dit is wonderlik om so betrokke te wees by jou bejaarde ouers en jy verdien respek. Dit is te verstane dat jy sukkel daarmee dat jou broer en suster nie medeverant­woordelik wil wees nie.

Hou ’n familiekui­er waar julle saam “vergader” oor ’n glasie wyn en ’n lekker ete. Maak vooraf ’n lys van al die behoeftes van jou ouers. Stel dit kortliks aan jou broer en suster. Wees prakties, nie ooremosion­eel nie.

Stel voor dat julle elkeen met jul kinders en wederhelft­es gesels oor Oupa en Ouma wat julle nodig het. Respekteer mekaar se behoeftes, maar moenie tyd mors nie – dit is nou die tyd om bestek op te neem van sake. Kom ooreen hoe julle die take gelykop gaan verdeel. ’n Gesinsvrie­nd kan selfs mediator wees by dié “vergaderin­g”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa