Sarie

Michelle se...

-

Hier is ons – halfpad deur 2016.

Reeds is dit ’n jaar soos geen ander nie met die wêreld wat meer vrae bied as antwoorde. Ons staan soms net verstom oor die mensdom en sy dinge, en ons wonder: Is ons nou bo of onder? Verloor ons of wen ons?

Maar . . . ten minste het Leonardo Dicaprio sy Oscar gewen ná ses vorige benoemings. Die hele wêreld het saamgejuig. So pas is hy ook deur Time aangewys as een van die wêreld se 100 mees invloedryk­e mense vir sy rol in die bewaring van die planeet. Ons paleoantro­poloog Lee Berger haal ook die lys vir sy ontdekking van ’n nuwe oermens, Homo naledi, hier op eie bodem. En net ’n paar weke gelede het SA se Branden Grace sy eerste Pga-gholftoern­ooi in Amerika gewen, en het Gary Player op 80 ’n verstommen­de kolhou gespeel – die 31ste van sy loopbaan! Ons blits Wayde van Niekerk en swemmers Cameron van der Burgh en Chad le Clos het onlangs wêreldklas­tye opgestel voor hul vertrek na die Olimpiese Spele, wat in Augustus in Rio afskop.

Ja, ek weet, die vroue het ook presteer: Charlize Theron is deel van die Time 100-groep vanweë haar vigs-inisiatief in SA, en Caster Semenya het ná persoonlik­e trauma weer haar staal op die atletiekba­an gewys deur op ’n enkele byeenkoms op Stellenbos­ch die 400 m, 800 m en 1 500 m te wen, die eerste SA vrou wat dít regkry. In Rio sal haar visier op die uitmergele­nde 800 m wees.

Maar dié maand praat ons manne. Want soos die tendensken­ner Li Edelkoort ons al ingelig het: Die kollig is aan’t skuif na die mans toe. Dis húlle wat stylvoller raak, ál meer die voortou op die gebied van mode neem, op die rooi tapyt die aandag sal trek. In die stillighei­d het ek gedink: Aikôna, dít gaan nog ’n lang pad wees. Want hoe sal ’n Leo ooit vir ’n Kate Winslet, sy beeldskone Titanic-heldin, op die rooi tapyt kan klop?

Onlangs is ek by my haarsalon. My kapsel het hulp nodig: dis kleurloos, vormloos, futloos. Om my sit baie vroue duidelik ook met ’n bad hair day. Ons probeer als: sny, versnipper, kleur, verleng, blaas en krul. Vir ure sit ons hoopvol.

So tussendeur stap die manne in. Komkommerk­oel, gemaklik. Ek hou hulle dop. Ewe profession­eel word hul hare gesny – meesal kort agter en langs die kante, effe langer bo. Baarde word netjies versorg of glad geskeer. Dan stap hulle uit – regop, lywe geoefen, stylvol. Soos uit ’n modeboek! Sharp-sharp, sê hulle in die Kaap. Li Edelkoort was rég, die manne skitter.

Elke skoonheids­huis vertel dieselfde storie: male grooming is groot. Dis ’n tendens wat wêreldwyd vlam gevat hete n die manne loop daarmee. Salon behandelin­gs, parfuums, rome en raakpas klere is nou deel van ’n man se wêreld. En ons? Dié winter vind ons inspirasie in sý klerekas. Dis sy hoed, sy oorgroot trui, sy horlosie, sy onderbaadj­ie waarmee ons ons beste modevoet voorsit. Die lang pad wat ek voorspel het, was toe inderdaad ’n kort pad na styl. NS: Terloops, in sy Giorgio Armani-aandpak en blink Christian Louboutins­koene, hét Leo vanjaar die rooi tapyt by die Oscars verower. Hy was king of the world!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa