Sarie

Ons inspirasie

Parys in ons hart

- Uitgewer: Quivertree Prys: R450

Wys ons die vrou wat Parys nie in haar hart koester nie. Vir ’n enkele aand elke jaar word die stad van liggies omtower in ’n reuse-nagkunstef­ees, Nuit Blanche. Dan kan jy van sonsonderg­ang tot sonsopkoms museums en kunsgalery­e besoek en opelug-toneelstuk­ke, musiekoptr­edes en rolprentve­rtonings gratis geniet. Dié fees is die inspirasie agter Yves Saint Laurent se nuwe Black Opium Nuit Blanche met geurnote van wit koffie, lemoenbloe­isel en ryk vanielje. Ons is verlore!

WAT KOOK JÝ VIR JOU GELIEFDES?

Dié vraag aan 67 van ons beste kokke, sjefs, bakkers, boere en koshelde het gelei tot ’n fees van ’n boek, The Great South African Cookbook. Onder hulle is kosvroue soos

Ina Paarman, Errieda du Toit, Dorah Sitole Cass Abrahams.

en Almal het hul kosharte oopgemaak en kosstories gedeel. 150 resepte, saam met foto’s van ons mooi land, wys hoe ryk SA se koskultuur is. Die volle opbrengs van die boek se verkope word aan die Nelson Mandela-stigting geskenk, juis om gemeenskap­kosprojekt­e te ondersteun.

Jy vra hoekom is ek ’n Suid-afrikaner . . . en boonop steeds ’n trotse ene ook?

Iewers het ek gelees “blom waar jy geplant is”. Presies! Dis wat ek wil doen. Ek is hier met ’n doel. Dis my land, my mense en Afrikaans is my moedertaal. Die proteas en fynbos, Tafelberg, my familie, ons kultuur en sommer die verskeiden­heid van alles – dis hoekom ek ’n ware, trotse Suid-afrikaner in murg en been is.

Ken jy koeksister­s? Geniet jy melktert? Biltong? Dis alles opreg Suid-afrikaans!

Niks vergelyk met ’n oop Krugerwild­tuinsterre­hemelaand met ’n doringhout-vuur, dreunende tromme op die agtergrond en die reuk van boerewors in die lug nie. Dis Suid-afrika!

Hier lê my voorouers se voetspore. My mense se taal en identiteit is hier gevorm. Ek is lief vir ons klimaat en natuurskoo­n. Ek eet graag biltong, blatjang en bobotie.

Dáárom sal ek as Suid-afrikaner sterf.

MERAAI, BLOEMFONTE­IN

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa