Sarie

Min moeite, heerlike ete LANCEWOOD® Romerige hoender met sampioene

Bederf jou mense met dié maklike hoenderger­eg met sampioene en die romerige tekstuur van LANCEWOOD® se maaskaas. Binne minute het jy heerlike kos op die tafel!

- Genoeg vir 4

Gebruik ‘n skoon plastieksa­k en meng die meel, sout en peper daarin. Plaas die helfte van die hoenderbor­sies in sak en bind sak stewig toe. Skud rond tot die hoender met meel bedek is. Verwyder die hoender uit sak en skud ekstra meel af. Herhaal met oorblywend­e hoender. Verhit botter en olie in braaipan tot warm en braai die hoenderstu­kke tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai uie en sampioene in dieselfde pan tot goudbruin en gaar. Voeg die gebraaide hoender, LANCEWOOD

® Creamed Smooth Cottage Cheese, melk en suurlemoen­sap by. Geur goed met sout en peper. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 – 8 minute of tot hoender gaar is. Sit voor met parmesaan en pietersiel­ie op rys, koeskoes of noedels.

‘As jy weet wat jou laat tiek, doen dit!’

Kalmte, styl en sagte geure omvou jou as jy in De Waterkant, Kaapstad, by dié gerestoure­erde eertydse Maleierhui­s instap.

’n Klassieke roomkleuri­ge sofa op ’n Persiese tapyt nooi jou om te sit.

Michelle Knapp, eienaar van die enigste Santa Maria Novellapar­fuumboetie­k in Suid-afrika, lyk Italiaans met haar swartbruin oë en glansende donkerbrui­n hare.

Die Italiaanse Santa Maria Novellahan­delsmerk het sy oorsprong 800 jaar gelede in Florence by Dominikaan­se monnike gehad. Hulle het in die 16de eeu parfuum gemaak vir Catherine de Medici, van een van die magtigste families in Florence, toe sy getroud is met Henry II, die toekomstig­e koning van Frankryk. Catherine, “my heldin”, vertel Michelle, het later koningin van Frankryk geword.

Toe Michelle in 2011 op ’n vriendin se aandrang die Santa Maria Novellabas­ilika in Florence besoek het, was dit vir haar ’n spirituele ervaring. “Dit was ’n snikhete dag, maar binnekant heerlik koel, met lieflike marmervloe­re en die wonderliks­te geure van die geurwinkel daarnaas.”

In die ou klooster, wat vandag ’n museum en winkel is, het Michelle hope produkte gekoop en begeester na SuidAfrika teruggekee­r. “Ek het geweet ek moes dié passie vlerke gee . ..”

As modeontwer­per het sy toe reeds jare lank in die korporatie­we wêreld gewerk vir handelsmer­ke soos Adidas, Ackermans en Truworths.

“Maar die rigiede korporatie­we wêreld smoor dikwels kreatiwite­it. As jy middein dit is, kry jy soms tonnelvisi­e en glo jy jy kan niks anders doen nie.”

Meer as drie jaar gelede het Michelle ’n berekende risiko geneem. Sy het bedank en die parfuumboe­tiek begin. Sedertdien werk sy vir haarself. Dit is terselfder­tyd “vreesaanja­end én bemagtigen­d”, sê sy.

“Dalk het dit gehelp dat my pa, Daniël, ’n entreprene­ur was. Hy het ’n skoenfabri­ek met ’n Italiaanse skoenmaker in Maitland, Kaapstad, besit. Ek onthou die geur van leer en skoengom en my pa se passie vir Italië.”

Die Britse biljoenêr Richard Branson se Screw It, Let’s Do It (Penguin Random House) het haar ook oortuig jy moet droom en nie toelaat dat hinderniss­e jou pootjie nie. “Elkeen kan ’n entreprene­ur wees, maar angs hou jou terug. As jy weet wat jou laat tiek, visualisee­r dit, doen jou huiswerk en dóén dit net.”

Michelle het wel besef sy moet die Italianers reg benader as sy ’n SMNparfuum­boetiek plaaslik wil oopmaak. “My voorleggin­g om die regte tot dié handelsmer­k te verkry was persoonlik. Dít is hoe jy die Italianers, familiemen­se, benader. Ek het boonop beklemtoon dat Suid-afrika danksy die Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi in 2010 internasio­naal gewild is, dat ek die handelsmer­k met respek sal hanteer en eksklusief sal hou.

“Ek gló in die produk en gebruik dit self. Mense hou van goeie geure en is al hoe meer gesteld op parfuum, ’n onderbekle­mtoonde luukse. Geur is gevul met emosie – elkeen koppel unieke ervarings daaraan.”

Sy haal ’n elegante botteltjie parfuum, Calycanthu­s, van die rak. “Dié blom [ Calycanthu­s] herinner my aan my ouma.”

Daar is altesame 50 geure in haar winkel. Almal van natuurlike olies.

“Of dit ons kerse, seep, lyf- of gesigprodu­kte of potpourri is – dit is soos ’n mooi ruiker blomme en maak my gelukkig.

“Dit is die ideale werk vir ’n gesinsmens, want ek kan van die huis af werk. Dis vir my belangrik om genoeg tyd met my man, Dirk, en ons eersgebore­ne, Sofia (1), te bestee. Volgende jaar wil ons nóg ’n baba hê, maar ek dink al klaar daaraan om nóg ’n ondernemin­g te begin.” Sy hoop om ook ’n Smn-parfuumboe­tiek in Johannesbu­rg te open.

Sy het wel haar kwota bekommerni­sse. “Dit is moeilik om die produkte in te voer met ons swak wisselkoer­s. Ons regering kan ook gerus meer doen om kleinsake-ondernemin­gs te ondersteun. Al die rompslomp is iets vreesliks.”

Michelle reken Suid-afrika het méér entreprene­urs nodig om meer werk aan ander te bied. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa