Sarie

Twee animasie-‘oscars’ vir SA!

- INSPIRASIE VAN DIE MAAND WAT GENIET JY DIE MEESTE VAN MAWEES?

SA se animasiero­lprent Stick Man het die topprys in die Tv-kategorie by die “Oscars” vir animasiero­lprente by die Annecy-fees in Frankryk gewen. Die Kaapse ateljees Triggerfis­h Animation het al talle internasio­nale pryse hiervoor ontvang, maar die gesogte Le Cristal-prys is die een wat almal najaag. Die ander “Oscar” was vir Naomi van Niekerk se ’n Gewone blou Maandagogg­end, wat die Jean-luc Xiberras-prys (vir ’n eerste fliek) in die kortprent-kategorie gewen het. Beeld)

Die tekens was altyd daar . . .

Dit is byna halftwee in die oggend en ek kan nie weer aan die slaap raak nie. Ek lees SARIE aanlyn en ek sien artikels onderaan die bladsy oor bipolêre gedrag – hoe weet ek my tiener is bipolêr en joernalis Elsabé Brits se storie.

Ek lees elk van bogenoemde artikels om ander se menings daaroor te kry, want my man is met bipolêre depressie gediagnose­er. Ek moes dit seker geweet het, want die tekens was altyd daar – neerslagti­gheid, depressie en die aggressiwi­teit wanneer hy nie sy sin kry nie. Hy sê altyd “net jy kan my kalmeer, jy weet hoe om my gelukkig te maak”. Wat hy nie verstaan nie, is dat dit die energie uit my dreineer.

Hulle sê ’n mens kán gelukkig saam wees as jou metgesel bipolêr is, maar my selfbeeld is aan flarde weens al sy uitbarstin­gs. Ek is moeg, sielsmoeg. Ek kan nie so voortgaan nie . . . Is dit só verkeerd van my om net weer geluk te wil hê? ’n Bietjie vryheid? Is ek die monster wat nie sý monster wil verstaan nie?

ANONIEM, KAAPSTAD

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa