Sarie

Wg & waean Sy

Amaliauys

- Amalia

urig, uitgesprok­e, doelgerig. In die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente weet die “beeldskone ouditeur” Linda wat sy wil hê uit die lewe. En haar nuwe kêrel gaan voluit om haar hart te wen.

In werklikhei­d is die aktrise Amalia Uys, wat dié rol vertolk, ook iemand wat weet waarheen sy op pad is. “Ek weet wie ek is en kan besluite neem.” Sy hou haar nie sommer op met strooi nie. “Die lewe is te kort. Ek’t geleer geluk is iets wat jy self skep. Niks is konstant nie. Elke dag het ’n eb en vloei wat jy nie kan bepaal nie. Hoe meer aanpasbaar jy is, hoe sterker word jy.”

Haar ouers, Celia en Abe, het haar geleer om die beste van die lewe te maak. “My ma se leuse is trouens life is beautiful.”

Die mooi lê in die sonstrale wat laatmiddag deur die blare skyn, ’n goeie liedjie oor die radio as jy in die verkeer sit of ’n gedeelde oomblik tussen jou en jou geliefde, vertel sy. “Die filosoof Eckhart Tolle se The Power of Now het my baie gehelp om te besef ’n mens ervaar pyn as jy jou teësit in situasies wat nie met jou akkordeer nie.” Sy doen dit nie meer nie. “I go with the flow.”

Amalia is op ’n goeie plek in haar lewe. In teenstelli­ng met haar karakter, wat soek na die regte man, het sy sowat twee jaar gelede haar droomman, Shaun Golding, ’n watertegno­loog, ontmoet.

Dis vir haar ’n voorreg om deel te wees van ’n fliek soos Sy Klink Soos Lente. “Dis ’n oorspronkl­ike, gutsy projek van internasio­nale gehalte. My mede-akteurs, die tegniese span, regisseur Corné van Rooyen, ook Stiaan Smith, Tina Kruger en Danie Bester wat saam met Bouwer Bosch vervaardig het – almal is ongeloofli­k.”

In dié komedie raak die werktuigku­ndige Ben (Stiaan Smith) verlief op haar karakter. Hy reken hy moet haar beïndruk en vertel haar hy het ’n band. Maar dán moet hy natuurlik leer musiek maak om in een te kan speel . . .

Gou sê Amalia: “Maar die musiek is amazing. Mense gaan mal wees oor die musiek en die band !” Sy glo ook haar leading man is iemand om dop te hou.

“Stiaan is so veelsydig. Saam met toneelspee­l, kan hy ook skryf en regie doen. Dis kreatief om teenoor hom te speel. Hy voer jou konstant met onverwagsh­ede wat jou op ’n vars en oorspronkl­ike manier laat reageer. Ek hou ook van sy sin vir humor – dit was net pret om saam met hom te werk.”

Sy Klink Soos Lente is dalk wonderlike fiksie, maar ons almal moet soms toegewings maak, ons grense verbreed, om ons lewe te laat uitwerk. SARIE het by Amalia gaan hoor wat sy bereid sou wees om te doen ter wille van . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa