Sarie

Ons verpleegst­ers verstaan jou behoeftes.

Wanneer jy by Topmed aansluit, kry jy toegang tot ons span verpleegst­ers wat reg staan en net wag om jou deur enige noodgeval te lei of om jou by te staan met algemene welstandsa­dvies. Toegerus met jou eisgeskied­enis, sal hulle weet hoe om jou te help om

- FOTO’S

DELIA DU TOIT NICK BOLTON gesig, hy gooi sy kop agteroor en lag uit sy maag. Dis vreemd dat mense dink hy’s ernstig, want hy’s als behalwe dít, sê hy. In sy swart pak klere en netjiese das, gereed vir die volgende toneel waar ons gesels by die 7de Laan- ateljee in Johannesbu­rg, lyk hy dalk soos die ernstige Xander – maar Theo, soos hy homself voorstel, is ’n “ontspanne ou”.

By die huis dra hy jeans en sweetpakba­adjies. Kyk rugby (“Ek’s ’n groot Stormers-ondersteun­er!” sê hy vinnig) en braai saam met vriende. Ja, hy’s netjies, maar darem nie só erg dat hy sy kombuisger­eedskap volgens kleur rangskik nie. ’n Spontane soort ou wat sommer maklik koers kies Hartbeespo­ortdam toe op sy Kawasaki Cruisermot­orfiets as die weer die dag lekker is.

Ná elf jaar geniet hy steeds die rol van Xander. Verskeie karakters wat die afgelope dekade saam met hom in die Laan verskyn het, het die laaste jaar of twee aanbeweeg – onlangs ook groot name soos Diaan Lawrenson (Paula) en Jo da Silva (Gita). Melanie du Bois (Felicity) en Corné Crous (Kim) is ook nog net tot Oktober in die sepie te sien.

Maar Theo bly – en hy’s opgewonde oor al die nuwe gesigte. “Dis soos ’n vars bries wat deur die Laan waai! Ek dink dit was tyd vir ’n bietjie veranderin­g.”

Het jy nie jeukerige voete soos jou voormalige medespeler­s nie? Beslis nie. Ek hou dinge vir myself nuut deur ook ander projekte te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa