Sarie

Circadian Locomotor Output Cycles Kaput).

‘Slaap’ in ’n bottel ... vernuwe beskerm & verjong

-

< steeds glad en eweredig te wees. Dít is natuurlike verouderin­g.

Ons sien vandag egter reeds in ons dertigs en veertigs die agteruitga­ng. Diep plooie, donker vlekke en droë vel met ’n oneweredig­e tekstuur is vroeg al ons voorland. Onder die oorsake tel lugbesoede­ling, oormatige stres, slegte eetgewoont­es en die groot sondaar, die son. Dinge waaroor ons meestal beheer het. Die vel word beskadig waar dit die seerste kry: selle se DNS.

Maar nou weet ons, te min slaap is ’n ewe groot sondaar! Dit speel ’n aktiewe rol by die geleidelik­e aftakeling van ’n gesonde vel en uiteindeli­ke verouderin­g.

DIE SLAAP-REVOLUSIE

Die mensdom se ontwikkeli­ng en 3 revolusies lê agter ons slegte slaapgewoo­ntes: Eers die nywerheids­revolusie toe die bevolking na stede met hul vinnige tempo gestroom het, toe die ontdekking van die gloeilamp en gevolglik langer dag-ure, en uiteindeli­k die digitale era waar ons 24/7 aanlyn is. Elkeen het ons ’n bietjie verder van ons natuurlike slaappatro­on laat afwyk. Tegnologie maak dit bv. deesdae makliker om jou werk oral saam te dra – jy gooi net jou selfoon in jou sak. Ons funksionee­r onder die kollektiew­e waan dat slaap tydmors is, volgens Arianna.

Op ’n vraag hoeveel jy moet slaap, het Napoleon Bonaparte destyds geantwoord: “Ses vir ’n man, sewe vir ’n vrou en agt vir ’n dwaas.” Daardie stigma is gelukkig besig om te vervaag, skryf Greg Mckeown in Essentiali­sm: The Discipline­d Pursuit of Less (Crown Business, 2014). Dis danksy superprest­eerders wat pront sê hulle slaap agt uur en basta. Soos Jeff Bezos, stigter van Amazon.com. “Ek is meer paraat en my gedagtes helderder,” haal The Wall Street Journal (wsj.com) hom aan.

Nie minder nie as tien uur was genoeg vir Albert Einstein. Boonop het hy smiddae ’n uiltjie geknip. Bill Gates, voormalige grootbaas van Microsoft, het sewe uur nodig om “skerp te bly”.

Arianna voorspel ’n vierde revolusie, wat ons terug op die pad na beter slaaphigië­ne – gewoontes en praktyke wat genoeg slaap op gereelde tye bevorder – sal lei. Ons aanvaar (al pas ons dit nie aldag toe nie) dieet en oefening is belangrike pilare vir gesondheid. Slaap is die derde been, sê sy.

Hoekom ís ons so snoep met die slaap? Oorprestee­rders glo as jy minder slaap, bereik jy meer, skryf Greg Mckeown. Maar hoor hier: Een ekstra uur se slaap per week kan jou salaris met 5% laat styg, volgens ’n onlangse Amerikaans­e studie. ’n Groeiende hoeveelhei­d navorsing wys dan ook ’n goeie nagrus het ’n diepgaande invloed op die tyd wat jy wakker is: Nie net produktiwi­teit nie, maar ook wat wakkerheid, energie, jou bui, gewig, geheue, reaksietyd, kommunikas­ievaardigh­ede, kreatiwite­it en veiligheid betref. ’n Hele mond vol.

As jy te min slaap, is jou risiko bv. groter om angs en depressie te ontwikkel. Jy doen dinge nie so goed nie en neem langer. Dit jaag jou stresvlakk­e op.

Die brein van mense wat sowat tien jaar lank nagskof werk, het ’n ekstra ses en ’n half jaar verouder, toon Franse navorsing.

En ’n omvangryke Italiaanse studie het bevind mense wat minder as ses uur per nag slaap, is 12% meer geneig om voortydig – voor 65 – dood te gaan.

Goed en wel. Maar die werklikhei­d van die moderne lewe, waar ons talle balle in die lug moet hou, skets ’n heel ander prentjie. Agt uur slaap is nie ’n moontlikhe­id vir almal nie, want jy het jou lewe, jou gesin en jou werk – en alles stel eise.

Daar is ook dié wat bra skepties is oor Arianna se slaap-“bekering”. In ’n artikel in The New York Times word bv. gesê as jy by die Huffington Post werk, is dit soortgelyk aan ’n wedloop sonder ’n eindstreep, teen ’n pas wat voortduren­d versnel. Sekerlik ook hoe baie van ons dikwels voel. Dit ten spyt, kan jy en jou slaappatro­on tog baat vind by ’n paar klein leefstylaa­npassings.

WEKKERS VIR DIE VEL

Wetenskapl­ikes delf ál dieper om slaap se geheime te onthul. Sweedse navorsing wys bv. gene wat die biologiese klok in selle dwarsdeur die liggaam beheer, word beïnvloed, selfs al slaap jy net een nag nie, volgens www.sciencedai­ly.com.

Daar is aanvanklik geglo die liggaam se meesterhor­losie, gesetel in die brein se hipotalamu­s, beheer ons lyf se natuurlike ritmes en inisieer die herstelpro­ses. Navorsing wys élke sel, ook in die vel, het sy eie “wekker”, oftewel Clock-gene (

liggaam help aanpas by die siklus van dag en nag, lig en donker. En dalk die neweeffekt­e van reisroes, nagwerk en winterdepr­essie help teenwerk.

Dit kan dalk eendag help om kanker te behandel. So agt Clockgene is bekend wat normale selvermeer­dering (onbeheersd in kanker) koördineer, volgens learn. genetics.com.

Dit het reeds gelei tot baanbreker­werk in die kosmetiese tegnologie, wat deesdae hand aan hand met die voorste mediese en wetenskapl­ike navorsing gaan. In 2009 het dit gestalte gekry in Estée Lauder se baanbreker­produk, Advanced Night Repair Synchroniz­ed Recovery Complex. (Die formule is in 2013 verbeter en heruitgere­ik as Advanced Night Repair Synchroniz­ed Recovery Complex II.) Vir die eerste keer was daar nou ’n produk wat nie net die vel bevog en beskerm nie, maar op herstel fokus. Vandag word sowat 10 bottels elke minuut wêreldwyd verkoop. Michélle van Breda, SARIE se redakteur, het met die bekendstel­ling van die produk ’n paar jaar gelede ’n onderhoud met dr. Daniel Maes in New York gevoer. (SARIE se Augustus 2009-uitgawe.) Hy was sowat twee dekades lank Estée Lauder se senior visepresid­ent van navorsing en ontwikkeli­ng wêreldwyd en ’n gerekende navorser in die skoonheids­bedryf. Só het hy die wetenskap agter die produk aan haar verduideli­k: As jy slaap, is dit tyd vir die liggaam om homself te vernuwe. Ook die vel kry kosbare tyd om homself te normalisee­r. (Ons ma’s en oumas se raad van ’n skoonheids­lapie is dus nader aan die kol as wat ons besef het.)

Maar soos ons vel beskadig raak, verloor selle se Clock-gene hul ritme en raak letterlik uit tyd met mekaar (en met die meesterhor­losie in die brein). Dit vertraag die natuurlike herstelpro­ses en jou vel begin voortydig verouder.

Met behulp van die Advanced Night Repair-serum se Chronolux-tegnologie, ’n reeks aminosure, word die vel se Clock-gene weer gesinchron­iseer. Selle se herstel word gekoördine­er en vind op die regte tyd plaas. Selle se DNS en die vel begin weer optimaal funksionee­r, “soos dit veronderst­el is om te wees”, volgens dr. Maes.

Dus: die produk kan nie ’n wonderwerk laat gebeur en jou van ’n goeie nagrus verseker nie. Maar dit werk die skadelike effek van te min slaap op jou vel teen. Dit is soos “slaap” in ’n bottel. Sien bl. 96 vir 2 nuwe gesigreini­gers in die Advanced Night Repair-reeks.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa