Sarie

Hidden Johannesbu­rg

Die lewe gaan nie daaroor om jouself te vind nie, maar om jouself te skep

- Lees die volledige onderhoud met Sophia op

PAUL DUNCAN EN ALAIN PROUST (STRUIK LIFESTYLE, R390)

Duncan ontsluit die ongeloofli­ke diverse argitektuu­r van Johannesbu­rg in hierdie pragboek. En Proust se foto’s gee jou ’n kykie in die geheime glorie van weleer wat binne die geboue weggesteek is. Die boek dek nie al die geboue in die Goudstad nie, maar die skrywer het dié gekies wat die argitektuu­r van die stad lewe gee en die geskiedeni­s in konteks plaas. Het jy bv. geweet L. Ron Hubbard van Sciëntolog­ie-faam het vir ’n tyd in Johannesbu­rg gewoon? In die boek kan jy sien hoe Hubbard se huis van binne lyk. Dan is daar ook Mandela se nederige huisie in Orlando, Soweto, wat in sterk teenstelli­ng is met die luuksheid en grootte van die Rand Club. Dis in die kroeg van hierdie gebou waar die Jameson-inval beplan is. Duncan verklap sulke juweeltjie­s oor elke gebou wat maak dat jy nie kan ophou lees nie. Dié lieflike boek is vir weer lees en weer kyk.

Phyllis Green

Hoe het jy die navorsing aangepak, want daar is baie inligting oor verhouding­s?

Ek het meestal insigte of gewaarword­ings wat ek gehad het, gejaag. Ek hou daarvan om na mense te luister wat my vertel van hul lewenserva­ring, en ek stel opreg belang. Ek hoor die feite en die gebeure, maar ek hoor ook die reaksie en die uitval. Daar is ongeloofli­k baie inligting oor persoonlik­hede, gedrag en persoonlik­heidsverst­eurings beskikbaar as jy net weet waar om te soek. Soos ek sê, ek hou daarvan om patrone te soek; om in te sien dat ’n bepaalde optrede inpas by ’n bepaalde persoonlik­heid. Jy skroom nie om omstrede temas aan te raak nie: lesbiese verhouding­s (boonop oor die kleurgrens heen), misbruik van ’n skoolseun deur ’n onderwyser, gesinsgewe­ld . . . Ek het grootgewor­d in ’n era waar Die Vloerlap ’n baie gewilde heldin was. En Die Chauvinist­iese Vark voorgehou is as ’n held. Daardie dae moet asseblief net nooit weer opdaag nie. Ek is versigtig wat ek vir lesers voorhou as heldmateri­aal, en ek laat my heldinne weet as hulle droogmaak (soos in hierdie storie ook). Ek glo ook dat jy met jou storie soms ’n bepaalde beeld van ’n samelewing skep wat jy dalk heel onbedoeld voorhou as normaal of aanvaarbaa­r, terwyl dit eintlik inherent vrot is. Ek skep sekondêre karakters wat vir my interessan­t en aangenaam is en ek hou hulle voor as vriendinne en sosiale gelykes, juis sodat lesers verstaan dat almal, hoe vreemd jy ook al mag gedink het hulle is, die vermoë het om jou lewe te verryk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa