Sarie

DÍS NOU LUUKS

-

Raak droomverlo­re met Arthur Kaplan se eksklusiew­e nuwe Dream in Colour-reeks. Die 3 stene in dié 9 kar.-roosgoud-oorbelle (R7 999) is rooskleuri­ge granaat (die simbool van geluk en gesondheid), pers ametis (opregtheid) en romantiese rookkwarts. Dit word afgerond met diamantdet­ail, wat die kleur van die stene aksentueer. Vir navrae: 011 669 5600; www. arthurkapl­an.co.za Binnekort bring ons weer baie tyd in die somerson deur. Maar ’n sonbruin vel beteken dikwels ook ’n droër een. Die nuwe La Mer The After Sun Enhancer (R1 450) sal jou vel goed bevog sodat jou sonbruin glans langer hou. Dit het ook ’n ligte tint wat die kleur verdiep, terwyl antioksida­nte help om oor tyd tekens van te veel sonblootst­elling, soos donker vlekke, te verminder vir ’n meer egalige velkleur. Dié nuwe handsak deur kreatiewe direkteur Nicolas Ghesquière is geïnspiree­r deur die Trapèze-palmhandsa­k wat Louis Vuitton in 1988 ontwerp het. Die moderne Twist (R60 000) van epi-leer het ongeloofli­ke 3D-detail soos gevlegde leer-aksente op die hoeke en die Lv-draaislot oorgetrek met lamsleer. Met sy dubbele kettingban­d is dié handsak die perfekte toevoeging tot enige modieuse uitrusting. Vir navrae: 021 405 9700, 011 784 9854; www.louisvuitt­on.com Vir hom! Die nuwe mansgeur van Dior, Sauvage (die Franse woord vir wild en primitief), smeul met note van peper, sitroen, ambergrys en laventel. Nou is ’n stortjel, Sauvage Shower Gel (R580, foto), en ’n reukweerde­r, Sauvage Deodorant Stick (R555), met dieselfde sensuele note te kry. Beskikbaar by uitsoektak­ke van Edgars Sedert Alessandro Michele in 2015 as kreatiewe direkteur by Gucci oorgeneem het, kan jy nie anders as meegevoer raak deur die kombinasie van patrone en weelde in sy aanslag tot hul dra-gereedreek­s nie. Sterk vroulike elemente soos strikke, groot tot klein, blompatron­e en geborduurd­e blomme word onkonvensi­oneel en interessan­t ingespan saam met vintage-geïnspiree­rde items. Vir navrae: 011 326 7928, 021 421 8800; www.gucci.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa