Sarie

VEELDOELIG­E PRODUKTE Jy hoef nie jou sente om te draai met dié skoonheids­produkte wat ekstra hard werk nie

- DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER EN MONICA PIENAAR

Bevog + verbruin jou lyf Vy- en aalwynekst­rak in die splinternu­we Clarins Self Tanning Milky-lotion (R320) bevog jou vel intens en sorg vir ’n egalige, natuurlike sonbruin glans. Beskikbaar vanaf 5 September Kleur wange + lippe Die romerige Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Fairfax Fuchsia (R320) gly maklik oor jou wange én lippe vir ’n vars voorkoms Beskerm teen son + bedek jou vel Buiten ’n SBF van 50 bevat die formule van Eucerin Sun Creme Tinted CC Creme SPF 50+ (R200) kleurpigme­nte wat jou vel ook liggies bedek. Jy kan dus maar die onderlaag los! Verbloem + bedek ’n Basislaag, verbloemer en onderlaag in een. Die formule van Max Factor Face Finity All Day Flawless 3 in 1 Foundation SPF 20 (R260) verdoesel merkies en knoppies, hou lank op jou vel en sorg vir ’n gladde gelaat. By Clicks

Lenteis in die lug, tog is die haartenden­se vir die warmer maande wat voorlê geensins lig en sag nie, sê David Gillson, meesterhaa­rstilis en direkteur by die haarsalong­roep Carlton Hair Internatio­nal.

“Ons begin nou stadigaan wegbeweeg van moeitelose haarstyle en -kleure na trends wat baie moeite verg. Die witblonde haarkleur wat sangeres Taylor Swift ’n ruk gelede gehad het, is een van die grootste giere vir somer, terwyl die mikrokuif – wat baie kort, reguit en stomp gesny is – ook ’n terugkeer maak,” sê hy.

WANNEER VERLOOR JY TE VEEL HARE? Om daagliks 50 tot 60 hare te verloor is normaal, sê dr. Klenk. As jy meer as 100 hare per dag verloor, moet jy iets aan die probleem doen. Dis nie net vroue wat deesdae weer hul hare met dié chemiese behandelin­g laat krul nie . . . mans doen dit ook. Die internet wemel van menings oor dié nuwe trend omdat al hoe meer mans in Engeland en die VSA by hul haarkapper en barbier aanklop vir ’n perm. Gelukkig hoef ons nie weer die klein, stywe krulle wat mans in die 70’s en 80’s gedra het, te beleef nie. Die moderne man perm het eerder groter krulle wat sagter en effens deurmekaar lyk. Dis perfek om tekstuur en beweging aan mans se kort haarsnitte te gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa