Sarie

’N SPOGGERIGE KROON

-

Die kwik is besig om te styg, so pak weg die warm haarmussie­s en spog weer met jou hare. Jacquie Carter, skoonheids­kenner van Herbalife, gee wenke vir gesonde lokke. Was jy jou hare te veel, kan jy dit van die natuurlike olie stroop. As jou hare grof en krullerig is, hoef jy dit nie daagliks te was nie. En vir dié van ons met fyn of olierige hare wat wel elke dag moet hare was: Maak seker jy spoel die sjampoe en opknapper goed af om te voorkom dat oortollige produk op jou kopvel en hare agterbly. 2As jy gereeld selfs net ’n sentimeter van jou hare laat sny, lyk dit onmiddelli­k vars. 3Moenie jou hare te veel kleur nie. Wag sowat ses weke tussen sessies. Deesdae is daar produkte te kry waarmee jy die uitgegroei­de deel by jou haarwortel­s kan verbloem.

GESONDER VEL, AAND NÁ AAND

Sodra die son sak, begin jou vel werk. Dit is dan wanneer skade weens sonblootst­elling, besoedelin­g en vuilheid teengewerk word. Maar vir dié herstelpro­ses om doeltreffe­nd te werk moet jy jou vel goed reinig vóór jy gaan slaap, want vuilheid lei tot skadelike vry radikale wat verouderin­g aanhelp. Met dié belangrike herstelpro­ses in gedagte het twee aandreinig­ers ontwikkel wat selfs hardnekkig­e grimering en vuilheid verwyder sonder om jou vel van vog te stroop. Kies uit ’n skuimreini­ger, Advanced Night Micro Cleansing Foam, of ’n balsem, Advanced Night Micro Cleansing Balm. Laasgenoem­de wend as ’n olie aan en vorm ’n melkerige vloeistof sodra jy dit met water meng om af te spoel. *Lees meer oor slaap in ’n bottel op bl. 62.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa