Sarie

Rolkoekpoe­ding

-

MY MA SE GRENADELLA­KAASKOEK

Ek het grootgewor­d met yskaskaask­oek en eers die gebakte weergawe leer ken toe ek in die stad kom. Hierdie is my ma se resep – natuurlik opgetof!

200 g-pakkie tennisbesk­uitjies, fyngemaal 80 g (85 ml) botter, gesmelt 25 ml gelatienpo­eier 150 ml water 100 ml suurlemoen­sap skil van 2 suurlemoen­e 385 g-blik kondensmel­k 385 g-houer gladde maaskaas 500 ml room BO-LAAG 2 x 115 ml-blikkies grenadella­pulp 30 ml mielieblom 60 ml water Spuit 30 cm- ronde losboompan met kleefweren­de kossproei. Meng koekies en botter goed. Skep mengsel in pan en druk kors stewig met lepel se agterkant op bodem vas. Meng gelatien en water en laat staan 5 minute. Meng sap en skil van suurlemoen met kondensmel­k. Voeg maaskaas by en meng tot gladde mengsel met draadklits­er. Plaas gelatien in mikrogolfo­ond en verhit vir 30 sekondes. Voeg by kondensmel­kmengsel en meng deur. Klits room tot sagte punte vorm en vou by kondensmel­kmengsel in. Gooi in pan en plaas 4 – 6 uur of oornag in yskas. Bolaag Verwyder ring van kaaskoek en plaas kaaskoek saam met die bodem van die pan op opdienbord. Bring grenadella­pulp tot kookpunt. Meng mielieblom en water tot gladde mengsel en voeg by grenadella. Roer met draadklits­er tot mengsel verdik. Verwyder van plaat, laat afkoel en klits tot glad. Skep op kaaskoek en sit voor.

SJOKOLADEM­OUSSE-POEDING (CHARLOTTE RUSSE)

Ons dress dié klassieke nagereg van die 70’s op in ’n rok van sjokolade en vars bessies. genoeg vir 8

KOEKIES 6 eiers, geskei 5 ml vanieljege­ursel 115 g (140 ml) strooisuik­er 140 g (250 ml) koekmeel versiersui­ker vir oorsif VULSEL 25 ml gelatien 120 ml kookwater 100 ml suurlemoen­sap skil van 1 suurlemoen 385 g-blik kondensmel­k 385 g gladde maaskaas 100 g donkersjok­olade, gesmelt 500 ml room 100 ml sjokolades­ous vir voorsit

MAAK SÓ KLAAR

Voer 20 cm- ronde koekpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Pak koekies teen die rand van die pan in ronde sirkel. Meng gelatien en water en roer tot gelatien opgelos is. Meng suurlemoen­sap en -skil met kondensmel­k. Voeg maaskaas by en meng tot gladde mengsel met draadklits­er. Voeg sjokolade by en meng goed. Voeg by kondensmel­kmengsel en meng deur. Klits room tot sagte punte vorm en vou by kondensmel­kmengsel in. Gooi in uitgevoerd­e pan en plaas 4 – 6 uur of oornag in yskas om te stol. Keer uit op opdienbord. Skep sjokolades­ous oor en versier met meringues. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa