Sarie

Sjokoladem­ousse-poeding (Charlotte Russe)

- (bl. 107) (bl. 108) (bl. 108)

DIE WARE BASAARPOED­ING

As jy soos ek van die platteland af kom, sal jy weet ’n basaar is ’n groot affêre! En jy gaan nie huis toe voor jy ’n draai by die poedingtaf­el gemaak het nie.

15 ml gelatienpo­eier 30 ml water 80 g-boks framboosje­llie (sien onder vir variasies) 400 ml-blik yskoue ingedampte melk 400 g frambose, gepuree

Meng gelatien en water en laat staan vir 5 minute tot sponsagtig. Maak jellie volgens aanwysings op pakkie aan. Smelt gelatien in mikrogolfo­ond vir 30 sekondes. Meng by jellie. Klits ingedampte melk tot styf. Meng helfte deur die jellie en vou die res in. Vou frambose in. Spoel ’n 2 liter-jellievorm met water uit en gooi die mengsel daarin. Plaas vir 4 – 6 uur of oornag in yskas om te stol. Doop vorm vinnig in kookwater en keer uit op opdienbord. Sit voor met ekstra frambose.

VARIASIES

Vervang framboosje­llie Groen: met groen jellie en frambose met 400 g kiwivrug. Sit voor met gekapte pistasiene­ute.

Vervang framboosje­llie Oranje: met lemoenjell­ie en frambose met 230 g-houer grenadella­pulp. Sit voor met ekstra pulp.

FRAMBOOSRO­OMPOEDING

Makliker kry jy nie – die meeste werk is om die room styf te klop!

400 g frambose ( raspberrie­s) 45 ml versiersui­ker 250 ml room 250 ml suurlemoen­smeer ( lemon

100 g gevlokte amandels vars vrugte vir voorsit

Gebruik staafmenge­r en pols frambose en versiersui­ker tot gladde mengsel. Klits room tot sagte punte vorm en vou in by framboospu­ree. Skep lepels vol suurlemoen­smeer onder in 4 glase van jou keuse. Verdeel framboosro­om tussen die glase. Sprinkel amandels bo-op en sit voor met vars vrugte.

Hoe werk jy met gelatien?

1. Plaas gelatienpo­eier in koue water tot sponsagtig. Dis belangrik om dit te spons voor jy dit smelt, anders het jou nagereg ’n korrelrige tekstuur. 2. As jy gelatienve­lle gebruik, week dit eers in yswater voor jy dit uit die water haal en smelt. Die resep sal aandui in hoeveel vloeistof jy dit moet smelt. 3. Moet nooit gelatien laat kook wanneer jy dit smelt nie, want jou nagereg gaan nie stol nie. Verhit dit stadig. 4. Een gelatienve­l is gelyk aan 5 ml gelatienpo­eier.

ROLKOEK-POEDING

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa