Sarie

Platbrood met saad en geurige hoender met 3 sade

Gee jou kos ’n gesonde geur met die kombinasie van sonnebloms­aad-, lynsaad- en kanolasaad-olie in FLORA- margarien. Dis propvol omega 3- en 6-vette, wat goed is vir jou hart en deur die Hart-enberoerte­stigting van SA goedgekeur word

- Www.florastron­gheart.co.za genoeg vir 4

PLATBROOD • 3 koppies (750 ml) volkoringm­eel • 10 ml kitsgis • 5 ml sout • 30 ml elk kanola-, lyn- en

sonnebloms­aad • 375 ml kookwater HOENDER • 400 g klein hoenderbor­sfilette • 30 ml kanola-olie • 15 ml paprika • 1 rooi brandrissi­e, sade uitgekrap en

fyngekap • 1 knoffelhui­sie, fyngekap SALSA • komkommer, blokkies gesny • rooi-ui, fyngesny • FLORA Regular-margarien om te smeer en mee voor te sit

Meng al die bestanddel­e vir PLATBROOD die brood, behalwe die water, in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die meelmengse­l en voeg genoeg water by terwyl jy meng om ’n sagte deeg te vorm. Maak deeg met kleefplast­iek toe en laat rys vir 45 minute op warm plek.

Terwyl die deeg rys, verhit oond tot 190 °C. Meng al die bestanddel­e vir die hoender in ’n groot mengbak en maak seker die hoender is heeltemal bedek. Voer oondrooste­rbak met foelie uit en pak die hoenderstu­kke bo-op. Rooster vir 20 minute tot goudbruin. Verlaag oond se temperatuu­r na 160 °C en rooster nog 10 minute tot gaar.

Meng al die salsa-bestanddel­e en hou eenkant. Maak platbrood gaar. Verdeel die deeg in 8 gelyke porsies en rol elkeen op meelbestro­oide werkvlak uit in ’n 20 cm-sirkel. Verhit ’n groot braaipan tot warm en skep ’n klein lepel Flora-margarien in pan. Braai uitgerolde deeg sowat 1 en ’n half minuut per kant of tot goudbruin en gaar. Herhaal met al die sirkels.

Smeer warm platbrode met ’n klein bietjie Flora-margarien. Skep lepels vol salsa en hoender bo-op elkeen en vou platbrood toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa