Sarie

VARK MET APPEL

- BLAD FILET

Eet soos ’n koning met dié heerlike geroosterd­e varkvleis. Verhit oond tot 180 °C. Plaas 1,3 kg gerolde varklies in ’n oondrooste­rpan. Stamp 20 ml droë vinkel fyn in ’n vysel. Vryf vinkel en 4 gekapte knoffelhui­sies oor vel. Bedruip met 50 ml olyfolie en sap van 2 suurlemoen­e. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Plaas oop pan in oond en rooster vir 1 uur. Maak oond oop en skep van pansouse oor vark. Rooster nog 1 uur. Pak 8 appels om die vleis, bedruip met van die vleissap en rooster verder vir nog 1 uur. Sit voor. Lekker vir wors, pasteie en bredies. Op sy smaaklikst­e ontbeen en stadig gaargemaak. Baie sag met geen vet nie. Panbraai of oondbraai. Dié snit bevat ’n stuk van die varkrib en liesgedeel­te en die vet maak dit lekker sappig. Jy kan dit gerook of ongerook gaarmaak en is altyd lekker met ’n marinade. Dit word ook gepekel en gerook vir spek.

PRIMA SMAAK

Prima rib ( prime rib) is geurig en vol smaak en daarom een van die gesogste beesvleiss­nitte. In John Whalen se nuwe boek, Prime (Cider Mill Press, R485), deel hy meer as 100 resepte en idees oor hoe jy dié snit kan gaarmaak en voorsit. Onthaal jy graag, sal dié boek beslis sorg vir ’n prima kuier.

KOOK SOOS ’N MEESTER!

As jy net so baie van die Australies­e hou soos ons hier by SARIE KOS, kan jy nou saam met beoordelaa­r George Calombaris kook. Hy het saamgespan met Salt & Pepper, bekend vir hul gehalte, om ’n nuwe reeks kleefvrye potte en panne, Greek, te ontwerp. Vanaf R599 by @home

MOOI & PRAKTIES

Gebruik dié houtbord van mangohout as kapplank, of jy kan kaas of Sondag se lamsboud daarop voorsit. R450 by www.yuppiechef.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa