Sarie

Wanneer liefde ’n werkwoord word

Hulle was ’n hegte gesin, maar ’n onverwagte hartoperas­ie en beroerte het hulle nog nader aan mekaar gebring, skryf die skrywer Riette Rust oor die ‘moeilikste maar verrykends­te tyd van hul lewe’

-

Dis’n hárde slag toe my man, JD, die leer mistrap en hard met sy bors teen die wingerdpri­eel val. ‘Gebreekte ribbes herstel vanself,’ sê hy ewe. Maar mettertyd vererger die pyn. Toe hy sukkel om behoorlik asem te haal, is X-strale al uitweg.

‘Niks het gebreek nie, maar my hart lyk vergroot,’ kondig hy op ’n dag in September/oktober verlede jaar aan.

En só begin die moeilikste, maar verrykends­te tyd van ons lewe.

Ná nog skandering­s en sonars hoor ons JD het ’n lekkende hartklep én ’n uiters vergrote aorta. Die oorsaak is onbekend. Hoë bloeddruk, in ’n mate geneties, kon die lekkende hartklep veroorsaak het. Sy aorta kon vergroot het om hiervoor te kompenseer, is een verklaring.

Feit is: Die meeste mense oorleef dit nie. Die aorta bars gewoonlik onverwags en jy sak eenvoudig inmekaar.

Om sy hartklep met titanium te vervang en sy aorta te stut ‘ is ’n massiewe operasie’, volgens die kardiotora­kale chirurg. Die aorta-deel word maar enkele kere per jaar uitgevoer. En JD sal dit nie noodwendig oorleef nie, sê hy ook. Ons hoor weinig verder. Ná die versekerin­g dat hy nie vandag of môre al ineen sal stort nie, besluit JD om die operasie eers oor ’n maand – 11 November 2015 – te ondergaan. ‘Sodat ek myself sielkundig kan voorberei.’ En werk- en verlofreël­ings kan tref. ( JD is ’n regskonsul­tant.)

Hoe deel ek die nuus met ons kinders? Hul pa was nog altyd die spilpunt waarom Zahn (29) en Cara (24) se lewe gedraai het. Uiteindeli­k vertel ek hulle, maar onderspeel die erns van die operasie.

Snags wonder ek hoe ons sonder JD sal kan aangaan. Hy lê ook wakker. My angs neem toe toe hy ’n vriend vra om my ná sy dood met allerhande sake by te staan.

Talle toetse lê voor om seker te maak daar’s nêrens infeksie nie.

Die aand voor die operasie vra ek die kinders om tog vrolik te probeer wees. JD moenie nog oor ons ook bekommerd wees nie. Maar ons glimlagte verdwyn toe die spesialis voor die kinders sê die dood is ’n groot moontlikhe­id.

Hoe groet ons Pappa vir die laaste keer? vra hulle my in die hospitaalg­ang. ‘Hy sál hierdeur kom,’ sê ek.

‘Ons kon nie vir ’n beter hartspan gevra het nie,’ verseker ek JD. Maar voor die teaterdeur oorrompel twyfel en vrees my. Dit voel of ek inmekaar kan sak.

Die operasie duur gewoonlik tussen ses en agt uur. Ek verwag die chirurg se oproep teen eenuur die middag.

Dis doodstil tuis. Ek lees bemoedigen­de boodskappe. Ek en die kinders drink tee en huil. Teen halfeen stap ons op en af.

‘Alles het volgens beplanning verloop,’ sê die chirurg om presies eenuur. Wat ’n reuse-verligting! Die eerste 48 uur is krities, verduideli­k hy ook. Infeksie en bloeding is groot gevare.

JD lê wasbleek en bewusteloo­s in die intensiewe eenheid, dié man wat so graag kook en lag. Dis net monitors en pype. Sy ‘nuwe’ hart moet rus voor hy bygebring word. Uit elke oog loop ’n onverklaar­bare traan. Zahn huil buite en Cara word flou. Ek is naar.

‘ You gave us a helluva fright, today,’ sê ’n verpleër twee aande later vir JD.

‘ What do you mean?’ vra ek. Hulle het glo ‘ verskrikli­k gesukkel’ om hom by te bring. Hy kon dood gewees het! Ek is só dankbaar om sy stem te hoor. Al is dit flou. Depressie, wat sinoniem met opehartope­rasies is, tref hom érg. Die operasie is ingrypend, ja, maar jy word ook met jou eie sterflikhe­id gekonfront­eer. Elke ander geopereerd­e wat die waaksaal binnegesto­ot word, ontstel hom. Dis asof hy deur hul oë na homself kyk. Hy huil oor elke klein dingetjie. Sielkundig­e hulp is nodig en hy word ook uit die waaksaal geskuif.

Daar raak sy hart byna dadelik lewensbedr­eigend vinnig aan die klop. Terug in die waakeenhei­d neem ’n span spesialist­e hom suksesvol onder hande.

Later word ’n abnormale hartritme gediagnose­er. Rus en medikasie tuis kan dalk help. Ek bestuur sy pilregimen­t soos ’n sersant en sorg dat hy baie slaap. Sy hartritme herstel sowaar! JD is so dankbaar, hy begin sommer weer kook. Spesialist­e noem hom ’n lopende wonderwerk.

Maar op 7 Desember tydens middagete voel hy ‘glad nie lekker nie’. Ek bel die chirurg en lys die simptome: aangetaste spraak, swak balans, braking . . .

Ek en my huishulp, Susanna Williams, sukkel om dié swaar man – wat toe glád nie meer kon loop nie – in die motor te kry. Ek laat JD val en val bo-op hom. Sy hart! Die chirurg bel weer. ‘ Waar bly julle?’

Toe is dit asof ’n groot Krag ons help. Só red ek en Sanna sy lewe, hoor ons later.

JD weier die veiligheid­sgordel en val heeltyd op my. Terwyl ek die stuurwiel met my regterhand vashou, probeer ek hom met my ander hand regop hou.

Toetse dui aan dat bloedklont­jies wat tydens sy operasie losgekom het deur sy breinstam is; daar waar balans en gehoor gesetel is. (Beroerte kan ’n komplikasi­e van enige operasie wees.) ’n Nog hoër dosis bloedverdu­nner – vir die nuwe klep en om beroerte te help voorkom – sou tot bloeding kon lei.

JD is aan die regterkant verlam. Sy mond en oog hang. Hy sien dubbel, is doof in sy regteroor en tinnitus laat sy linkeroor suis. Maar die prognose is goed. En dít deel ek met die kinders.

Intussen is hy hoogs verveeld en gefrustree­rd. Lees, TV

Die belangriks­te is dat my man my vir die eerste keer toelaat om tot binnein sy hart te kyk Riette Rust

< kyk of musiek luister is uit. Wanneer hy self probeer water drink, kap hy die glas hard teen sy voorkop.

’n Arbeidster­apeut leer hom soos ’n kind weer skryf en ’n fisioterap­eut help hom met balansoefe­ninge. Later sit hy regop en nog later staan hy. Maar niemand weet of hy ooit weer sal kan loop nie.

Eers uit die waaksaal, stoot ek hom in sy rolstoel kafeteria en tuin se kant toe. Hy geniet dit, maar sy moed breek oor sy doofheid en die gesuis in sy oor. Sy oë en gesig herstel en ek herinner hom daagliks aan sy vordering. ‘Probeer om binne ’n week ’n tree op jou eie te gee,’ sê ek. Enkele dae later probeer hy uit sy rolstoel opstaan. Hy val, reg bo-oor die klipharde bedstyl. Sy hart! ‘Ek’s oukei, ek gaan nog baie val,’ sê my dapper man.

Omdat sy koördinasi­e so swak is, skeer ek hom. Ek leer hoe om sy hare binne-in die hospitaalb­ed te was.

Tuis verbeter my kook- en braaivaard­ighede. Maar maklik is dit nie om die alleenvera­ntwoordeli­kheid vir huis en haard te dra nie. Die kinders steun swaar op my.

JD het nie aldag lus vir oefen nie, dan deel ek maar motiverend­e verhale van herstel. Saans is ek so moeg, my trane drup in my kos. Wanneer ek moed verloor, dra ander se bemoedigen­de boodskappe my. Dis ook asof jy spesiale krag in sulke tye ontvang.

Ek besef hóé kosbaar elke oomblik is en besluit om myself voortaan net met positiewe, liefdevoll­e mense te omring.

Elke klein vordering motiveer ons. Toe JD binne ’n week wel sy eerste tree alleen gee, is ek meer ekstaties as toe my kinders begin loop het!

Hy kom sonder rolstoel tuis. Gou waag hy dit om sonder hulp te loop, al val hy teen die gangmuur. Weens sy gebrekkige koördinasi­e laat val hy ’n paar glase en borde. Maar dit pla ons nie.

Ek skeer hom, bad hom en droog hom af. ‘Dit móét liefde wees,’ sê hy later.

Gou moedig ek hom aan om self te skeer en verpleeg dan maar die wonde. Later kry hy dit reg om self te bad.

Ek ry hom aan vir bloedtoets­e, fisio- en arbeidster­apie. Ook sielkundig­e en psigiater toe. Uiteindeli­k stap hy byna normaal en lig sy gemoed.

Maar sy afhanklikh­eid frustreer hom en ek besluit dis tyd vir bestuur. Hy bly te links ry, ‘ want ek is bang vir die ander motors’. Ek vlieg drie keer byna deur die voorruit, so skielik trap hy rem. Hy kan nog nie die pedaal voel nie. Dis ’n proses, maar uiteindeli­k bestuur hy reg.

JD begin stadig maar seker tuis werk, maar dit sukkel want sy selfvertro­ue is weg. Hy’s angstig en ek moet hom byna elke aand iewers anders heen vergesel. Dis asof hy van sy fisieke probleme en bekommerni­sse oor ons toekoms wil vlug. Die sielkundig­e sê hy verwerk nou eers die beeld van homself in die doodskis.

Al pyn my hart vir JD, moedig ek hom aan om sy eerste vergaderin­g by te woon. Hy is angsbevang­e en loop ná ’n halfuur uit. ‘Ek voel benoud en sukkel om te hoor,’ sê hy moedeloos. Tyd vir tough love. ‘Gaan probeer net. Die stimulasie is goed vir jou brein. Jy is ook nie een wat tuis kan sit nie,’ sê ek. En hy doen dit!

Spesialist­e bepaal eers ná ’n jaar watter skade blywend is, maar tans lyk dit asof JD se gehoor en regterhand aangetas sal bly. ’n Gehoorappa­raat kan waarskynli­k help, ook met tinnitus en sy balans. Ons kyk maar. En wat daarvan as sy handtekeni­ng nooit weer perfek is nie?

Sy hartoperas­ie was die grootste een wat verlede jaar in ’n Kaapse hospitaal gedoen is. Sal ek weer hierdeur gaan as ek alles weet? Absoluut. Want ons verhouding én ons gesin is nou van rots. JD het van ’n opgeëer in ’n vasbyter verander. Hy maak nie meer ’n bohaai oor klein dingetjies of verwag dat alles tuis perfek moet wees nie. Daarby het hy veel meer empatie en waardeer hy my en die kinders meer as ooit. En ons vir hom. Sy dankbaarhe­id is voedsel vir die pad vorentoe.

Wonderwerk­e gebeur wanneer liefde ’n werkwoord word, weet ek nou. Veral as jy dit met geloof kombineer. Maar die belangriks­te is dat JD my vir die eerste keer toelaat om tot binne-in sy hart te kyk.

En wat ek daar sien, is beeldskoon.

Elkeen van ons wil graag tydloos jeugdig bly. Omdat die skoonheids­huis Clarins dit verstaan, is hul Double Serum en Clarins Extra-firming- reeks met natuurlike bestanddel­e die perfekte teenveroud­ering-pasmaats.

Vel vertoon onmiddelli­k fermer, lyntjies sagter en gesigkonto­ere meer gelig met die gebruik van die Extra-firming- dagroom, terwyl die nagroom vel versterk en vernuwe.

Saam met dié twee produkte is Clarins se geheime wapen hul Double Serum Complete Age Control Concentrat­e. In ’n studie het altesame 87% van vroue gesê wanneer hulle Double Serum voor hul ander rome aanwend, is die werking van die rome selfs meer doeltreffe­nd.*

Buiten dat dié ikoniese produk saam met jou dag- en nagroom werk om jou vel fermer te maak en fyn lyntjies te verminder, verklein Double Serum ook porieë sodat dit minder sigbaar is en sorg dit vir ’n meer eweredige gelaatskle­ur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa