Sarie

IMMUNITEIT

WARMLUGDRO­ËR OF PAPIERHAND­DOEK?

-

’n Tekort beroof ook jou liggaam van vitamien D, wat die immuunstel­sel ondersteun en jou hart beskerm. Interessan­t is dat asma-lyers dikwels lae vlakke van magnesium het. Asma word deur ’n wanfunksie van die immuunresp­ons veroorsaak, volgens Brent.

Onlangse navorsing wil dit laat lyk asof magnesium dalk belangrike­r as kalsium vir gesonde bene is, sê Brent. Kalsium en magnesium steun op mekaar, en elkeen stimuleer ’n reaksie in die ander, beaam die Britse tydskrif Ons hoor altyd ons moet meer kalsium inneem as wapen teen osteoporos­e. Maar ons moet liefs konsentree­r op ’n goeie kalsium-magnesium-balans en voldoende vitamien D. Die moderne mens se kalsium-magnesium-ratio is 1:1; teenoor ’n waarskynli­ke 20:1 in Paleolitie­se tye, wys ’n Britse studie.

Moet nooit kalsium-aanvulling­s sonder magnesium inneem nie, waarsku kenners.

Arien beveel aan jy kombineer die volgende vir beengesond­heid: kalsium 600-900 mg, magnesium 300-450 mg en vitamien D3 300-600 IE. As jy spesifiek jou magnesiumv­lakke wil aanvul, neem verkieslik ’n tablet/kapsule met net dié mineraal, volgens Brent. Dus nie as deel van ’n multivitam­ien-/ mineraal-aanvulling nie. Want daar is dan eenvoudig nie genoeg plek in die kapsule vir al die magnesium wat jou liggaam nodig het nie.

Volgens Mariza is die daaglikse aanbevole hoeveelhei­d (DRI – dit staan vir magnesium vir volwassene­s tussen 320-420 mg, na gelang van jou geslag en ouderdom. (Sien kassie vir natuurlike bronne.) Indien jy ’n tekort het, word ’n maksimum van 350-450 mg magnesium bykomend tot kos aanbeveel. Meer as dit kan diarree by sommige mense veroorsaak en moenie sonder ’n kundige se toesig geneem word nie.

Die “vorm” van magnesium speel ook ’n rol, sê Mariza. Kry dit eerstens deur jou kos in. Is ’n aanvulling nodig, neem liefs magnesiumg­lukonaat want dit word goed deur die liggaam opgeneem. Magnesiums­itraat, byvoorbeel­d, word nie net minder doeltreffe­nd opgeneem nie, maar kan inderdaad ’n lakseermid­del wees. (Kyk op die verpakking.)

Arien waarsku in haar boek lakseermid­dels self bevat dikwels magnesium en as jy baie gebruik, kan jy dalk te veel van die mineraal inkry. Simptome hiervan is lae bloeddruk, swakheid en uitputting.

Uit ’n higiëniese oogpunt is weggooibar­e papierhand­doeke in openbare toilette verreweg beter as warmlugdro­ërs, volgens ’n Australies­e studie. Papierhand­doeke verminder die getalle van alle soorte bakterieë aan jou hande. En warmlugdro­ërs is die minste doeltreffe­nd in dié opsig, is bevind. As jy nie ’n keuse het nie: dra ’n botteltjie alkohol-hand-ontsmettin­gsmiddel in jou handsak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa