Sarie

Bacchus se wedergeboo­rte

- DEUR MARIE SCHOEMAN

Sybreek die stekelrige omhulsel wat die stinkblaar se swart pitjies soos ’n baarmoeder omhul en gooi dit in die vysel om dit fyn te maal. Vanaand, wanneer Jupiter sy verskyning maak, moet die wyn gereed wees. Bacchus kan nie wag nie . . .

Sy kom regop en vryf haar rug. Dit was nie maklik om ’n stinkblaar­plant op te spoor op Bacchus se onberispel­ik netjiese plaas nie. Tussen die wingerde het sy verniet gesoek, al wat oorgebly het, was om die grond tussen die aarbeie, frambose en appelliefi­es metodies en deeglik te fynkam. Uiteindeli­k het sy ’n verdwaalde een gevind, half weggesteek tussen die klimopblar­e onder teen een van die huis se mure.

Dit was van uiterste belang dat sy die plant vind: Sedert die enigste oorblywend­e sater boedel oorgegee het aan die ouderdom, is sy die laaste menade (wild en waansinnig) wat saam met Bacchus kan drink en dans totdat sy gemoedstoe­stand al hoe ligter word en styg en styg en styg totdat aardse bekommerni­sse nie eens ’n swart kolletjie in sy bewussyn maak nie.

Bacchus kom by die lapa ingestap en gooi sy hoed op die tafel neer.

“Ek gaan gou stort,” sê hy met een oog op die hemelruim. Hy vra nie eens waarmee sy besig is nie.

Sy stamp en maal en meng met mening. Die mengsel moet net reg wees – nie te veel stinkblaar­vruggies nie anders word die smaak belemmer, maar net genoeg om bevredigen­de resultate te lewer. Sy maak twee kraffies vol, een met ’n chardonnay vir haar en een met cabernet sauvignon vir hom.

“Hoekom wynkraffie­s vanaand? Dis nie asof ons mense kry nie?” vra hy toe hy met nat hare en ’n kaal bolyf terugkom en in een van die stoele plons. “Twee is in alle geval te min, jy sal bottels ook moet oopmaak.”

“’n Vrou kan mos dinge probeer lekker maak vir haar man.” Sy glimlag liefies vir hom.

“Ggpff.” Sy groot bleek maag beweeg saam met die minagtende uitlaat van wind deur sy longe terwyl sy oë vasgenael is op waar Jupiter sy verskyning moet maak.

Sy weet hy mis die saters met hul gesplete hoewe, bokhorings en ewige ereksies wat Saterdag ná Saterdag saam met hom die een of ander sport gekyk het terwyl hulle die verleideli­ke, dansende menades onderlangs dophou. Sy het nie omgegee nie; sy was die verleideli­kste van almal en solank die saters se aandag op haar toegespits was, was sy aandag ook.

“Nou skink daar vir ’n man ’n glas!” gebied die goddelike hoogheid. “Te vroeg,” keer sy, “Jupiter is nog lank nie op nie.” “Jy het ’n regte kermende wyf geword.” Die afkeer in sy stem is duidelik, maar hy vra nie weer nie.

Hera is my naam, dink sy afgetrokke, maar hopelik nie meer ná vanaand nie.

Sy pak die bakke biltong, beskuitjie­s en kaas netjies rondom die kraffies en silwerkand­elare en versier die tafel met klimopblar­e.

“Is jy seker hier kom nie kuiermense nie?” vra Bacchus weer, agterdogti­g.

“Doodseker,” verseker sy, “maar jy gaan tog die aand der aande hê.”

Toe nog net ’n dun rosige strepie van die songod se gloed op die horison lê, verskyn Jupiter in ’n skitterend­e wit lig in die donkerblou onmeetlikh­eid; amper in lyn met hom

knipoog die kleiner Venus.

Sy steek die kerse aan en toe eers skink sy twee glase wyn. Sy glimlag toe sy gulsige hand die steel van die glas omsluit: Hy het homself nog altyd verlekker in die feit dat hy van hoër stand is; hy drink nie hardehout en Coke soos die meeste van sy gewese saters nie. Hy is meester, kunstenaar, fynproewer, god en nooit, ooit ’n dronkaard of alkoholis nie. Sy druk die speelknopp­ie op die Cd-speler. Rodriguez sing: I wonder about the love you can’t find And I wonder about the loneliness that’s mine I wonder how much going have you got And I wonder about your friends that are not I wonder I wonder I wonder I do Hy hou die glas teen die lig, skommel en ruik. Hy proe versigtig.

“Mmm, die nuwe sauvignont­jie proe effens bitter. Ek weet nie of ek regtig hiervan hou nie. Seker te veel tannien.”

“Ek het daaraan geproe. Dis verfrissen­d. Iets anders.” Sy hou asem op. Hy proe weer en frons. “Op die voorspoed van jou nuwe wyn,” sê sy vinnig en lig haar glas.

Hy kyk ingedagte na sy glas, haal dan sy skouers op en vat ’n paar diep teue. “Stadig,” keer sy. Met uitdagende oë ledig hy sy glas, kop agteroor. “Wanneer het jy in so ’n nat kous verander? Jy was eers pret, maar nou is jy net ’n ouvrou.” Dit maak seer. Sy skink sy glas weer vol. “Drink,” sê sy en neem ’n paar groot slukke uit haar eie glas. Rodriguez se stem raak stil en sy sit een van Bacchus se gunsteling­e uit hul jongdae aan: Chris Andrews se “Pretty Belinda”.

Met sy derde glas wyn in die hand begin sy lyf op die stoel saam met die vinnige ritme van die liedjie swaai. “Daar was ’n tyd toe jy ’n pretty Belinda was,” sê hy vir haar. En daar was ’n tyd toe jy ’n Romeinse god was, dink sy en skink hul glase weer vol; haar lyf begin saam met syne op die maat van The Troggs se “Little Red Donkey” swaai.

Ná die hoeveelste glas wyn spring hy op en gryp haar hand. Hul voete word lig op die bekende ritmes van Mungo Jerry se “In the Summertime”, The Jacksons se “Blame It On the Boogie”, Middle of the Road se “Chirpy Chirpy Cheep Cheep” . . .

Vinniger en vinniger draai en swaai hy haar totdat hy wegbreek en sy voete verander in ’n wafferse Michael Jackson. Daar is geen jare, geen dubbelken, geen bril of plooi nie; hy is weer die koning van die dans, die mees hubare boerseun, die god van sy klein heelal. En sy is weer die mooiste menade, sy pretty Belinda.

Doller en doller. Sy oogappels wyd. Sy woorde word onsamehang­end. Dan begin hy lag; hardloop op sy hande rond, beland op sy voete en begin sy klere uittrek. Hy krap sy naakte liggaam dat die rooi hale sit.

Uiteindeli­k sak hy op sy stoel neer en begin huil. Tussen die snikke deur maak sy uit hy wil hê sy moet vir hom “The Sound of Silence” van die Bee Gees speel, maar voordat sy die CDknoppie kan druk, raak hy aan die slaap – of bewusteloo­s. Sy pols en asemhaling is stadig, swak en onreëlmati­g.

Tyd om die dokter te bel. Johan Snyman is een van Bacchus se ou saters.

Terwyl sy vir Johan wag, luister sy na Lynn Anderson se “Rose Garden”: I beg your pardon I never promised you a rose garden Along with the sunshine There’s gotta be a little rain some time ’n Roostuin was haar lewe nie altyd nie – syne seker ook nie – maar sy is lief vir hom. Daar was ’n tyd dat hy vir haar ook lief was, die tyd voordat hy in ’n wyngod verander het. Johan gee die kraffies en wynbottels een kyk. “Lekker ge- party,” sê hy met begrip en ietwat van ’n heimwee in sy stem.

Sy knik en skop ’n verdwaalde omhulsel van die stinkblaar­pitte onder die tafel in.

Johan sukkel ’n hele rukkie om Bacchus by te kry. Sy raak naderhand bekommerd, maar slaak ’n sug van verligting toe haar man eindelik sy oë oopmaak.

“Wat het gebeur, ou maat?” vra Johan simpatiek. Hy luister nie regtig na die antwoord nie; hy weet mos wat die moles veroorsaak het.

“Ouderdom. Ouderdom het gebeur.” Bacchus gaan weer aan die huil. “Ja, die tyd staan vir niemand stil nie.” Dit lyk asof die gewese sater saam met Bacchus, wat nou al sy goddelike kwaliteite verloor het, wil huil. Dis moeilik om ’n gewone sterfling te wees.

“Soos ek nou voel, drink ek nooit weer nie! As dit nie vir my vrou was nie, was ek dood.” Dis asof hy haar vir die eerste keer sien. “Ek besef nou opnuut hoekom ek van dag een af so lief was vir haar.”

“Sy was die mooiste en waaghalsig­ste meisie in die distrik,” sê Johan en kyk ingedagte na haar. Daar was ’n tyd toe hy en Bacchus meegeding het om haar hand.

Wat sou hy nou sien? wonder sy. Definitief nie meer die beeldskone meisie wat kon lag, drink, sing en dans totdat Jupiter uit die hemelruim verdwyn het nie, maar dit maak nie saak nie: Jupiter, die vader van die gode, het vannag vir die tweede keer lewe gegee aan ’n nuwe, verbeterde Bacchus. ’n Bacchus wat weer na haar kyk asof sy die mooiste menade ooit is.

Menades moet nooit nét op hul voorkoms staatmaak nie . . .

Tannie Poppie kook weer

“Die Chuck Norris van SuidAfrika­anse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop TVKokkedoo­r Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. In haar tweede kookboek deel Suid-afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling-versamelre­septe met ons. Die klem is op lékker kos en die boek bied heerlike idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer, met volkleurfo­to’s van die geregte. Hierdie is staatmaker-resepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa