Sarie

Vind jóú kleur

Daar’s tot 7 000 velkleur-variasies in die wêreld, volgens die skoonheids­huis The Body Shop. Daarby is jou gelaatskle­ur geneig om te verskil van seisoen tot seisoen weens faktore soos sonblootst­elling. The Body Shop het nou twee nuwe produkte waarmee jy d

- Mel, Boland

sou ons vir drie dae weer saamkuier. Maar sy het ’n lang doenlys – mense wat sy wil sien, goed koop wat nie in haar woestynstr­eek beskikbaar is nie. Ons kan nêrens net vir ’n halfuur sit en gesels en koffie drink nie. My hart is seer. Boonop val my geleenthei­d terug huis toe saam met ’n ander vriendin deur die mat en ek neem noodgedwon­ge die trein huis toe.

Ek word op die stasie beroof. My wêreld val uitmekaar. Dis die een teleurstel­ling ná die ander. Ek wil net alleen wees met my kind, by my huis. Ek moet teruggaan werk toe, maar ek kan nie kliëntedie­ns doen met ’n vreesgevoe­l nie.

Nou is ek besig om myself te ontdek, te herstel en net ’n bietjie te herkou. Ek hoop my dorheid sal weer blom.

it is ses jaar sedert SARIE Voorbladge­sig vir die eerste keer aangekondi­g is. Landwyd het die wedstryd onmiddelli­k opslae gemaak. Dis nie aldag dat lesers die geleenthei­d kry om op die voorblad van ’n glanstydsk­rif te wees nie. Steeds stroom die inskrywing­s met elke nuwe jaar in, want ’n voorblad bly vir baie ’n bietjie van ’n droom . . .

Nog nooit het ’n Sarie-wenner teleurgest­el nie. Inteendeel, die een boodskap wat die jare soos ’n goue draad bind, is dat hierdie vroue dalk moeiteloos mooi op ons voorblad lyk, maar leer jy hulle ken, is elkeen soveel meer. Dis vroue wat al ’n pad gestap het en ongeag ouderdom al werklik met die lewe kennis gemaak het. Dit is vroue met deursettin­gsvermoë en innerlike sterkte, met humor en positiwite­it. Vroue wat almal ’n storie het om te vertel.

“Elke jaar voel vir my soos die eerste,” sê SARIEredak­teur, Michélle van Breda. “Van vooraf die fladdering van opwinding om die inskrywing­s te sien, die byna onmoontlik­e taak om die finaliste uit derduisend­e te kies, en dan om uiteindeli­k die top-10 in lewende lywe te sien. Elke keer word ek verras en is hulle mooier as op hul foto’s. Want dan ontmoet jy die mens agter die gesig, agter die mooi glimlag, agter die mooi bos hare.

“Jy sien die energie, die armsvol passie, die ek-kán-dit-doenhoudin­g. Jy geniet die snaaksighe­de en humor. Maar jy sien ook soms die spore van seer en die tekens van onsekerhei­d. Jy voel die dringendhe­id aan van ek-móét-hierdie-vir-myselfdoen. Dis dán dat vroue net mooier word – wanneer daar ’n lewenswysh­eid en rykheid agter die mooi glimlag en oë skuil. Dis dan dat jy ’n wenvoorbla­d kry.

“Dié jaar het ons besluit om vir albei wenners ’n voorblad te gee. Nicola en Elmaré verdien dubbel en dwars hul SARIEvoorb­lad! In die meeste winkels sal die twee wenvoorbla­aie langs mekaar op die rak lê.”

SARIE Voorbladge­sig gaan vir seker oor meer as skoonheid, en Fanie Cronjé, SARIE se stylredakt­eur, verwoord dit só: “SARIE soek vroue wat real is en nie voorgee om iets te wees wat hulle nie is nie. Albei vanjaar se wenners voldoen perfek aan dié definisie.”

Die een wenner (kategorie 18 – 30), Nicola Smit (22) van Kraaifonte­in, is ’n petite brunet,’n au pair en deeltydse onderwysst­udent aan Unisa. Haar ma, Adelle,’n SEBbestuur­der, het haar ingeskryf. “Want ek het nie gedink ek staan hoegenaamd ’n kans nie,” was Nicola se onmiddelli­ke kommentaar oor waarom sy nie self ingeskryf het nie.

Die ander wenner (31 plus-kategorie), Elmaré Schutte (41), ’n transforma­siebeampte van Pretoria, verwys na haarself as “’n plat-op-die-aarde-ma”, met wie sy glo baie ander vroue kan identifise­er. Sy glo jy hoef nie perfek te wees nie.

Vir Fanie staan albei uit as wenners omdat hulle toelaat dat hul natuurlike skoonheid die praatwerk doen. “Hulle ís net mooi. Hulle is outentiek, met oë wat opreg lag,” reken hy.

Hy beskryf Nicola as ’n bietjie geheimsinn­ig en ’n introvert, “maar sy trek jou in, want hoe meer jy kyk, hoe mooier word sy”. Elmaré is dinamies-mooi, meer van ’n ekstrovert.

’n Klompie weke voor die groot aand het al tien finaliste die kans gekry om soos wenners te voel. SARIE se Voorbladst­ileerspan in Johannesbu­rg het hulle onder hande geneem en ’n kykie gegee van hoe dit agter die skerms lyk tydens ’n voorblad- en modesessie. Daar in die ateljee het hulle eerstehand­s ervaar dat dit soms harde werk verg om die kamera tevrede te stel, al het jy ’n goeie beenstrukt­uur en mooi lyf. Dis aan- en uittrek, hare diékant toe en daaikant toe, grimering sagter, sterker . . . en dan nog ’n gedraai en swaai voor een van die land se topfotogra­we, Leana CluniesRos­s, wat nie opgee voor sy die regte foto het nie.

Maar ná ’n vol, opwindende, en by tye spanningsv­olle dag in die ateljee, het Nicola beaam wat die ander finaliste ook gevoel het: “Ek wou nie hê die dag moes ooit eindig nie!”

Daarna het die video-opnames nog gewag, ook ’n eerste vir ons finaliste. Maar hulle het hul ding gedoen. Uit die hart gepraat, hul stories gedeel en ook lekker gelag – dikwels vir hulself.

“Dit is belangrik om in jouself te glo en jou nie met ander te vergelyk nie. Ontwikkel eerder jou eie talente en wees bly as ander uitblink,” was Elmaré se kommentaar op kamera.

(Ten tyde van die onderhoude was die finale wenners nog nie gekies nie.)

Ook Nicola, wat al hoe meer ontluik het soos die onderhoud gevorder het, het later gesê: “Eintlik wil ek net sê, jy kán jou drome bereik.”

Hier is ons twee wenners se stories. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa