Sarie

Dis die enigste plek waar daar aan my gevat word

-

DIE VOORDELE DAARVAN Navorsers kyk reeds sedert die 1950’s na die potensiële gesondheid­svoordele van aanraking. Dis so eenvoudig: Raak ons nie aan mekaar nie, verloor ons al die pad.

Só som navorsers aan die Oregon State-universite­it dit op: By mense wat liefderik is, word laer tellings van stres, depressie en eensaamhei­d gemeet. Hul bloeddruk, cholestero­l en bloedsuike­r is ook laer. Dis dus ’n teenvoeter vir stres en help mense om dit makliker te hanteer en daarvan te herstel.

Die voordele begin reeds met jou geboorte. Dit maak nie saak hoe goed gevoed en intellektu­eel gestimulee­r ’n kind is nie,’n gebrek aan menslike aanraking belemmer jou intellektu­ele, emosionele en selfs fisieke groei.

Weeskinder­s wat vroeg in hul lewe sonder aanraking moes klaarkom, het veranderde vlakke van oksitosien en vasopressi­en, hormone wat belangrik is vir sosiale binding – selfs tot drie jaar nadat hulle by ’n gesin geplaas is, volgens Scientific American. Vroeggebor­e babas wat 5 – 10 dae lank drie keer per dag gemasseer word, sit 57% meer gewig aan as dié wat die standaard- mediese behandelin­g kry, vertel die Amerikaans­e nasionale sentrum vir biotegnolo­giese navorsing (ncbi.nlm.nih.gov). Rotte wie se ma’s hulle dikwels lek en versorg, is later kalmer en hanteer stres beter, wys ’n Kanadese studie. DIS TERAPIE ’n Goeie massering is dus nie net goed vir jou spiere nie, maar ook jou fisieke en geestesges­ondheid. Baie navorsing bevestig dit.

Aanraking wat op die regte manier gebruik word, het dalk selfs die potensiaal om die wêreld van medisyne te transforme­er. En dis boonop kostedoelt­reffend, volgens greatergoo­d. berkeley.edu.

Só wys studies aanraking kan mense met Alzheimers­iekte help om te ontspan, emosionele verbinteni­sse met ander mense te maak en simptome van depressie verminder.

Masseerter­apie verminder pyn en verlig voorgeboor­telike depressie by swanger vroue – én hul mans.

As ’n dokter oogkontak maak met ’n pasiënt met ’n lewensgeva­arlike siekte en hom/haar ’n gerusstell­ende kloppie op die skouer gee, kan dit sy/haar moontlike oorlewing ’n hupstoot gee.

’n Leerder wat ’n vriendelik­e klop op die skouer van ’n onderwyser kry, is drie keer meer geneig om aan gesprekke in die klas deel te neem.

’n Student wie se hand deur ’n biblioteka­resse aangeraak word, hou meer van die biblioteek – en sal eerder weer kom.

Kinders met outisme, wat wyd geglo word aanraking haat, is mal oor massering deur ’n ouer of terapeut.

Die voordele van aanraking kom op onverwagte plekke voor. NBAbasketb­alspanne wie se spelers meer gereeld aanmekaar raak, wen oor die algemeen meer, volgens ’n studie in die Amerikaans­e sielkundev­ereniging se joernaal, Emotion.

Dit beteken nou nie jy moet toelaat dat almal jou persoonlik­e ruimte binnedring nie. Die aanraking moet gepas wees. Die veiligste manier om aan iemand te vat wat jy nie ken nie, is met ’n ligte vegie of kloppie op die bo-arm.

Maar dis tog nodig om op ’n basiese, fisieke vlak met ander kontak te maak. Dáárin lê van die lewe se diepste vreugdes en troos, volgens die Berkeley-sentrum.

Maak dus jou leuse: ’n Drukkie op sy tyd is beter as brood en konfyt!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa