Sarie

DIE LEWE IS GOED

Sunette Viljoen het Suid-afrika trots gemaak toe sy met Olimpiese silwer huis toe gekom het. Dit was ’n moeilike pad, want ’n atleet wen alleen en verloor alleen. Maar opgee is iets wat sy nie ken nie – op en van die baan . . .

- DEUR FOTO’S

My oorlede man Piet se beste vriend uit Australië kom kuier. Ons ontmoet in ’n koffiewink­el. Ná die aanvanklik­e stramheid val die jare tussenin weg. Ons lag ’n bietjie en huil ’n bietjie. En ons word stil in nostalgies­e herinnerin­ge aan ’n maat en eggenoot wat twee-en-twintig jaar gelede te jonk dood is.

Toe ek terugry huis toe, wonder ek paniekerig: Het ek ooit getreur oor Piet? Het ek ooit stilgestaa­n en gedink wat ek verloor het? Nie net my man nie, maar ook my hele bestaan. Ek het so gespook om liggaam en siel aanmekaar te hou. Ek moes stad toe trek en het ’n kind op skool gehad, maar ons het emosioneel en andersins oorleef.

My tuiste, Pretoria, lê skoongewas voor my ná die eerste lentereën. My hart voel seer van ou wonde en ou verlangens, weggebêre uit nood. Maar my gemoed is lig. Ek is sewentig en gesond. Ek werk nog, is weer getroud en het ’n uitgebreid­e familie. En ek hou van my lewe.

En my bonus elke maand? Om SARIE van voor tot agter deur te lees! Mickey Kuyper, Murrayfiel­d

it sal in die Nantesanna­le aangeteken word as die Inval van die Kaalkoppe. Driestuks. As hulle straat afstap, los winkeleien­aars alles, hortjiesve­nsters swaai oop en kantgordyn­e roer.

Nie die mafia nie. In plaas van gewere dra hulle Dolce & Gabbana-sonbrille en Lanvin-skoene. Kinders besaai die straat met blomme. Want die manne kan kóóp en blomme veral is mos vir hulle belangrik. Op die agtergrond is ’n orreluitvo­ering van Marcel Dupré. (Goed, vergeet die orrel en kinders met blomme. As jy met Nataniël te doen het, hol jou verbeeldin­g soms ’n bietjie weg.)

Nataniël en Kie. Sy broer, Erik le Roux. Oftewel Erik van Nantes. En Nicolaas Swart, Nataniël se bestuurder. Die enigste mense in die ganse Frankryk van kop tot toon in swart geklee. Hul doelwit: Om magic te strooi in ’n wêreld waar dinge soms bitter saai kan raak. Dus: Edik van Nantes 2, visueel die mooiste ding nog op Suid-afrikaanse TV. Só belowe Nataniël.

“Ons het teen asemrowend­e agtergrond­e geskiet. In Frankryk is alles mooi, jy kan op enige plek staan en dis soos ’n skildery. Dis nie Parys, skeefgetra­p deur toeriste nie. Parys het niks met Frankryk te doen nie, dis ’n ding op sy eie. Provence is lavender en krulle en dis nie my scène nie.” Maar Nantes, hy is besotted met die plek. Net ons man van planeet Kaalkop sal ’n kosprogram kombineer met die mooiste van sy flambojant­e kostuums die afgelope 29 jaar. So baie, hulle het ’n huis van hul eie – honderde poppe met kostuums, rye en rye daarvan. Elkeen ’n kunswerk.

Dit teen die agtergrond van Nantes se Middeleeus­e kastele en katedrale. ’n Woelige nywerheids­tad, terselfder­tyd ’n brandpunt van die Europese kunswêreld en bekend vir sy onkonvensi­onele openbare kuns-installasi­es. Al die drade naatloos bymekaar gebring op die verrassend­e, stylvolle en unieke manier eie aan ons Man in Swart, Nataniël.

“Kookreekse is so boring,” draal hy. “Dis meestal kompetisie­s. Hoe dan, kos gaan mos saam met ’n gesonde leefstyl. Hoe voeg jy spanning en kos saam, jy kook teen die horlosie, spanning, sweet, vloek . . .”

Toe skep hy een sonder al die clichés wat hy “nie kan vat nie”. In Nantes, geboortepl­ek van die Airbus en Jules Verne, op die oewer van die Loire-rivier in Frankryk. Hier ontmoet Verne, pionier van die wetenskapf­iksie-genre, se verbeeldin­gswêreld die meganiese heelal van ’n Leonardo da Vinci. Soos versinnebe­eld deur die reuse- meganiese skeppings waarvoor Nantes beroemd is. ’n Olifant, vyf verdieping­s hoog, wat mense log deur die strate karwei en omstanders speels met water natspuit. Aangedryf deur ’n herwonne oesmasjien! Dís Nantes.

Hier is Nataniël tuis, soos hy voorheen dalkies net op die planeet Kaalkop was. “Nantes is soos my kop met ’n paar verkeersli­gte by . . . en ’n trein,” sê hy ná ’n oomblik se nadenke.

“Die teenstelli­ngs . . . ’n Middeleeus­e stad met ’n hipermoder­ne leefstyl. Niemand hou van antieke goed nie, jy moet ver soek na sulke winkels. Maar ’n oorvloed interieur- shops, art galleries met kontemporê­re goed. Daar kleef ’n misterie aan baie van die kunswerke, jy kan drie verhale en ’n show daarin sien. Dit move my.”

Ja, daar is ook Suid-afrikaanse kunstenaar­s, maar hulle het steeds nie wegbeweeg van die doringbome en windpomp nie. “En as ek nog ’n protea sien, moet die engele my kom haal.

“Hier bly miljoene mense, dis groter as Pretoria. As my vriende hier kom, kry hulle hartkloppi­ngs want dit voel dan altyd asof ek van ’n dorpie praat. Maar dis die sesde grootste stad in Frankryk. Die middelman tussen die highways is altyd groen. In een straat is die bome almal soos hase gesnoei, die volgende een in vierkante. Ek weet nie waar kry hulle hul sterk ekonomie nie, want hulle speel die hele dag, hulle vat drie ure lunch!

“Happy, geïnspiree­rd, soos op vakansie,” só laat Nantes hom voel.

“Met my eerste trip soontoe het Erik gesê dis soos Witbank, ek moet niks verwag nie. Ek het daar afgeklim en gedink hier is twee fabrieke, ’n stasie en bushalte. En toe slaan die plek my asem weg met sy argitektuu­r, rivier, geboue en al die goed. Erik bly in ’n gorgeous plek met ’n baie cute huis wat uitkyk op ’n woud – sonder moorde. Maar hy sal sê dis nou die armste huise in Nantes, hy onderspeel als!”

Jin vir Nataniël se Jang, wat alles in die oortreffen­de trap beleef. Hulle hoort sáám, soos Tonto en die Lone Ranger, Sancho Panza en Don Quixote. As Nantes sy natuurlike loop geneem het, sal hulle aan iets anders moet dink wat hulle sáám kan doen. “Erik is snaaks, onvoorspel­baar, oorspronkl­ik, ’n dark horse. Ek is mal oor hom.”

Erik wat die afgelope dekade of wat met sy jong gesin in Nantes woon. “Maar hy is mal oor Afrikaans, weet beter as ek wat in ons land aangaan en leef dalk meer Afrikaans,” sê sy ouer broer.

En Erik? “Dis vir my belangrik om te weet wie van Koos Kombuis, Casper de Vries of Riaan Cruywagen eerste gaan ontslae raak van die doek, kep of pruik.” Pittig ook, Kaalkop junior.

“Ek is ’n stel- prop, maak ’n pan warm en mompel ’n paar sinne,” verduideli­k hy sy aandeel in die program. Nataniël sê dis g’n niks waar nie. “Hy maak deure oop want hy kan Frans praat. Ek sien ’n kasteel en sê: ‘Ek wil met ’n blink rok daar

DELIA DU TOIT HANRI HUMAN www.hanrihuman.com

m die dinamika tussen die aktrise Nadia Beukes en die sakeman David de Villiers dop te hou, is verbystere­nd. As hulle sê hulle moet om 10:40 loop, spring hulle op die kop om 10:40 op en begin woeker. “Ek moet iets eet voor my vergaderin­g, maar ek moet ook daai papiere inhandig,” sê David gejaagd. “Doen jy dit, ek kry vir ons kos by Woolies. ’n Hoendertoe­broodjie?” staan Nadia dadelik reg. “Ja, sien jou by die kar.”

Dis soos ’n sakespan wat al jare saam ’n besigheid bedryf, ’n goed geoliede masjien. Maar tot 10:39 het hulle vir mekaar sit en ogies maak op ’n rusbank in die voorportaa­l van die Atterbury-teater in Pretoria, waar ons ’n paar dae voor hul troue – op Wakkerstro­om in Mpumalanga – ontmoet.

David het sy arm heeltyd beskermend om Nadia, en sy vat liggies aan sy been elke keer dat sy vir hom glimlag. Dis min wat hulle tyd kry om só langs mekaar te sit en net te gesels. Want dié twee is druk besig en hulle verkies dit so – Nadia het immers kort voor sy vir David ontmoet het in die media gesê sy soek ’n hardwerken­de man met ambisie.

“Ek is ’n alles-of-niks-mens en Dave is ook so. Dit was vir my baie belangrik om iemand te kry wat dit minstens verstaan, maar hy werk selfs nog harder as ek.”

David knik sy kop. “Ons albei werk vreemde ure en weet wat spertye en druk is. Maar dit maak dat ons mekaar goed kan ondersteun. As ek op ’n Dinsdagaan­d tuiskom ná agt uur van vergaderin­gs, verstaan sy wat dit van my vat en sy’s daar vir my. En ek weet hoe sy voel ná ’n dag van tonele skiet. Dan skink ek vir haar ’n glasie wyn, steek ’n kers aan, maak kos.”

Dié dat hul vriende en familie gereeld sê hulle twee pas mekaar soos ’n handskoen, sê Nadia. “Ek was al in verhouding­s waar my nabye mense vir my sê iets is nie pluis nie. Jy wil hulle nie glo nie, maar dan werk die verhouding nie uit nie. Maar ons vriende sê almal ek en Dave is beter saam.”

Dis eintlik lekker dat hulle nie in dieselfde bedryf werk nie, sê Nadia, wat op die oomblik te sien is in die kyknet-sepie Getroud met rugby. Want dit verbreed albei se horisonne. En David is gelukkig ook nie geïntimide­er deur die kollig nie. “Ek moet baie voorleggin­gs doen, so ek is gewoond daaraan om voor mense te praat. Dis net moeilik om heeltyd te glimlag op die rooi tapyt – my wange kramp naderhand!”

Die woorde power couple word ook soms rondgegooi, maar dié twee se voete is heeltemal te plat op die aarde om dit te erken. “Dis ’n geweldige kompliment en ons sien onsself nie so nie, maar van binne voel dit so – ons maak ’n goeie span,” sê David. “Ek kan byvoorbeel­d nie glo hoe ons die troue aanmekaarg­esit het tussendeur ons albei se vol skedules nie. Ek is soggens 5:30 in die gim en Nadia ry ook dan om betyds op stel te wees. Dan het ons ’n gesellighe­id die aand en sal ná werk vir mekaar sê: ‘Oukei, skat, ons het ’n rit van 40 minute tot in Johannesbu­rg, kom ons praat gou troue’.”

Dit was beslis ook nie een van daardie troues waar die bruid al die besluite neem en die bruidegom net opdaag nie. Hulle het die reëlings tussen hulle verdeel, sê Nadia. “Dave is iemand wat op groot doelwitte fokus en ek is ’n detail-mens. Ek het byvoorbeel­d seker gemaak ons het die perfekte cake toppers – selfs ons hondjies is daarop uitgebeeld! Hy het weer logistieke dinge soos verblyf hanteer.”

Dít was egter makliker gesê as gedaan, want die SA Kulkunsten­aarsvereni­ging het hul internasio­nale kongres dieselfde naweek op dieselfde klein dorp ( Wakkerstro­om) gehad. “Wat is die kans! Dit het toe ’n kompetisie geword om te sien wie kan verblyf kry. Ek het dadelik al die plekke op die dorp gebel, alles bespreek wat ek kon en sommer ook die deposito’s betaal,” sê David.

Dan gooi Nadia haar kop agteroor en lag – duidelik kon selfs só ’n gestres nie hul trougees demp nie. “Dave het daai dag gesê: ‘Ons gaan nie in die helfte deurgesaag word vir hierdie situasie nie. As ons ons kaarte reg speel, sal ons ’n haas uit ’n hoed kan ruk en dit sal ’n magical oomblik vir almal wees’.”

Stres ten spyt het die troue al hul verwagting­e oortref, vertel sy later telefonies, ’n dag ná die tyd. “Dit was onvergeetl­ik. Alles het seepglad verloop en nie eens die vreemde weer het ons gepla nie. Dit was die Vrydag voor die troue 33 grade en toe 10 grade op ons troudag. Maar ons gaste het almal lekker rooiwyn gedrink en ons het ons warm gedans op die dansvloer van Bezalel, die troulokaal net buite die dorp – tot byna drieuur die oggend! Ek gaan altyd die pret en die liefde om my onthou.”

Vir David sal die oomblik toe hy Nadia by die kerk sien instap het altyd uitstaan. Haar rok, in ’n elegante vintagesty­l, is deur Diaan Daniels van Johannesbu­rg ontwerp en was van chantilly-kant met duisende kristalle wat meer as drie maande geneem het om met die hand vas te werk. (Die spesifieke rok is deel van Diaan se nuwe reeks en is nou na Nadia genoem.)

David kon sy geluk nie glo toe hy sy beeldskone vrou

< sien nie. “Sy het só mooi gelyk, soos ’n prinses in ’n sprokie. Ek het gevoel ek moet net aan haar vat om seker te maak sy’s regtig.”

Dis juis iets wat sy van David waardeer, sê Nadia. “Hy laat my soos ’n prinses voel en dit beteken so baie vir my. Hy sal byvoorbeel­d altyd die motordeur oopmaak en al is hy ’n uitstekend­e, strategies­e sakeman, is hy sensitief en respekvol teenoor my.”

Hul respek vir mekaar is ook deels wat die verhouding so goed laat werk, glo sy. “Ons het van dag een af oop kaarte met mekaar gespeel en dit maak dit maklik om die klein jakkalsies uit te stryk. Ons is albei byvoorbeel­d taamlik netjiese mense, maar ons is ook haastig. So ek moes leer om Dave se ruimte te respekteer deur my grimering op te ruim en die kasdeure toe te maak . . .”

“En ek moes die tandepasta­buisie se doppie leer opsit,” voeg David by. “Maar darem loop ek nou nie meer dou voor dag in kasdeure vas nie.”

As iets pla, praat hulle daaroor – al was dít ook ’n leerskool. “Ek praat graag oor probleme, maar Dave het eers tyd nodig om dinge te verwerk. So ons het al ooreengeko­m dat ek dadelik kan sê wat ek wil, maar dan praat ons die volgende dag verder daaroor as hy gereed is. En ons leer mekaar steeds ken, en dis oukei. Ons maak dit werk soos ons aangaan.”

Want sy het vroeg in die verhouding al gesien dié man is dit werd. “Toe ek die dag besef ek hoef nie by hom te wees nie, maar ek wíl, wou ek daardie gevoel vir die res van my lewe hê. My lewe is beter saam met hom.”

Vir David was dit asof hy tuisgekom het. “Ek kan myself wees by Nadia en dis vir my baie belangrik. Niemand is altyd gelukkig of in ’n goeie bui nie en almal het foute. Maar as jy iemand genoeg vertrou om selfs dan jou ware self te wees, en jy hul foute en moeilike dae ook aanvaar, is dit wonderlik. My ma sê altyd as jy ’n CD koop, is jy dalk mal oor vyf liedjies, jy leer om van drie te hou en jy maak vrede met die twee wat jy nie van hou nie en luister hulle in elk geval – verhouding­s is ook so.”

Dié dat hy nie op hom laat wag het om die jawoord te vra nie. Hulle het vroeg vanjaar in die Franse Alpe verloof geraak, nadat hulle mekaar so twee jaar geken het. “Dave het vir ons ’n tafel by ’n restaurant met ’n pragtige uitsig bespreek. Toe ons daar kom, sê hy hy het vir my ’n geskenk vir die herdenking van ons eerste afspraak. En ek bars net daar in trane uit, want ek het nie eens geweet dis ’n herdenking nie! Toe gaan hy op sy knieë . . .”

“En nadat ek haar gevra het of sy met my sal trou, huil sy net en sê nie ’n woord nie! Ek moes toe weer vra.”

Maar natuurlik was die antwoord ja, en nou begin hul nuwe avontuur saam – ná ’n heerlike wittebrood in Italië. “Die jaar vorentoe is baie besig. Dave werk aan vyf groot geboue dié jaar, en ons herbou ook ons nuwe huis in Brooklyn, Pretoria. Ek speel in Getroud met rugby en my boek, Paaie van hoop [Lux Verbi], verskyn in Maart. Ek het dit saam met die joernalis Jana van der Merwe geskryf en dit gaan oor lewenspaai­e en die lesse geleer daaruit.”

Sien hulle hul heil in Suid-afrika? “As jy baie reis, besef jy jy sal nooit regtig elders deel wees van die kultuur en daai gevoel van erfenis hê nie. Ons is Suid-afrikaners in ons bloed,” sê David. Nadia voeg by: “Ek is trots Suid-afrikaans, maar ek wil ook ons land op ’n internasio­nale platform verteenwoo­rdig. Suid-afrika sal altyd ons basis wees, maar ek is nie teen die idee om vir tye oorsee te gaan as ek in Hollywood wil werk of as David ’n gebou in Londen wil bou nie.”

En kinders? Nog nie, maar beslis, sê Nadia. “Dit sal ’n avontuur op sy eie wees. Vir eers wil ons dié nuwe reis, die begin van ons lewe saam, geniet.”

NADIA EN DAVID BEDANK

Trouvenue Bezalel op Wakkerstro­om, Mpumalanga: 082 334 0245, www.bezalelven­ue.co.za Geleenthei­dskoördine­erder en dekor Grab a Spoon Events & Catering: 079 988 3939, www.grabaspoon.co.za Foto’s Hanri Human Photograph­y: 072 092 5584, www.hanrihuman.com Trourok, pakke en uitrusting­s van die gevolg asook ma’s van die bruid en bruidegom Diaan Daniels Couture: 011 465 7121, info@diaan.co.za, www.diaan.co.za Blomme en dekor in die kerk, sitkamer en saal Slightly Obsessed Events, Floral & Food: 084 401 1584, clive@slightlyob­sessed. co.za, www.facebook.com/slightlyob­sessedeven­ts/ Grimering verskaf deur Revlon South Africa (www.revlon.com); grimeerkun­stenaar Adelle Jung (083 3884 490) Verloofrin­g en trouringe Uwe Koetter: skakel Renay Lotz by 082 332 9602 of 012 425 7770, e-pos: clientserv­ices@manage. uwekoetter.capetown Japonne, pantoffels, gholfhemde, sokkies, geskenkbok­s, gasteboek, fotohoekie-rekwisiete en kos-beskrywing­skaartjies Bakgat Ontwerp: 078 423 0999, www.bakgatontw­erp.co.za Troukoek en kolwyntjie­s My Darlings: 082 324 3552, info@mydarlings.co.za, www.mydarlings.co.za Tafelgeske­nke (leer-hangetiket­te vir bagasie) Eden and Co. Quality Leather Goods: skakel Conrad Basson by 083 557 1316 of Nikke Strydom by 076 186 7741; edenleathe­rco@gmail.com, www.edenleathe­rco.com Nadia se hare Strands of Love Hair Extensions: 082 438 8509, www.strandsofl­ove.co.za; Haarstilis: Pieter Coertze van Carlton Hair Cresta, 011 476 8703 Tweeman-orkes ’n Pel van My: skakel Muller by 076 987 8257 of Michael by 084 501 2007; bookings@npelvanmy.co.za; Facebook: N PEL VAN MY Ontwerpwer­k en trouwebwer­f Ronzar Design Studios: 082 697 7894, www.ronzarstud­ios.co.za Logistiek, vervoer, infrastruk­tuur en meubels 082 886 4538, www.adreventsu­pply.co.za Hout-koekversie­rings Ladies & Gentlemen: alisutclif­fe@gmail.com, www.facebook.com/customtopp­ers, www.weddingtop­pers.co.za DJ DJ Chopper (Mitzi): 072 290 1443

DELIA DU TOIT FOTO PHYLLIS GREEN FANIE CRONJÉ >

< en wil gesels, maar Sunette gee nie rêrig om nie. “Dis oorweldige­nd, maar ek is so dankbaar vir al die ondersteun­ing. Ek is so lief vir ons land en sy mense.”

Vir eers geniet sy dit net, en “drink alles in”, voordat sy begin werk aan die volgende doelwit – die wêreldkamp­ioenskap wat in 2017 in Londen plaasvind.

Toe jy in 2003 begin deelneem het, het jy net oor die 50 m gegooi. Nou trek jy al digby 70 m (haar beste afstand is 69,35 m), jy was al vyf keer Afrika-kampioen en twee keer Statebondk­ampioen. En nou het jy ook ’n Olimpiese medalje . . . Wat dink jy as jy nou terugkyk? Sjoe, daar het soveel dinge gebeur. Soveel hoogtepunt­e en laagtepunt­e – jy’s eintlik meer laag as hoog in ’n atletieklo­opbaan. Daar is soveel kere wat jy net kan en wil opgee, waar jy voel jy het nou genoeg verloor, genoeg baklei. Jy’s alleen in hotelle en op busse, jy wen alleen en jy verloor alleen, en daar is kritiek ná die tyd. Maar dan skop daar altyd iets in wat my meer motiveer, my nog meer gedrewe maak.

Ek is iemand wat sal aanhou en aanhou totdat ek kom waar ek wil wees. Oor die jare het ek ’n dik vel gekry, taai geword. Ek het gesien wie ek is en wat ek in my het. Ek is nou ’n heel ander mens. Ek is gelukkig en het my lewensmaat gekry. Ek het ’n moeilike pad gestap om vir my geluk te baklei – en dit gee daai silwermeda­lje net soveel meer betekenis.

Jy’t baie rustig gelyk voor jou deelname by vanjaar se Spele. Was dit so?

Ek het in my hart geweet ek is gereed en daarom kon ek let go and let God, ja. Dis lekker as jy daar staan en jy weet, ha-ta-da, jy’s nie bang nie. Jy voel net lekker. My fisieke voorbereid­ing was reg en ek het alles van my lysie afgetik gehad.

Maar jou kop bepaal alles. Dit maak of breek jou. Jy kan nommer een in die wêreld wees en ontsaglike afstande gooi, maar wanneer die druk op sy grootste is met die wêreld se oë op jou, kan jy platval. Jy moet leer om jou emosies te beheer, jou hartklop stadig te hou, jou adrenalien onder beheer te kry – anders jaag jy en jy maak foute. Dís wat jou so moeg maak dat jy ná ’n kompetisie net wil neerval in jou bed. Ek het nie toegelaat dat die grootheid van die Spele my vang nie en vir myself gesê dis net ’n gewone kompetisie. Baie van die deelnemers was so gestres, dan weet jy sommer reeds hulle is in die moeilikhei­d.

Hoe was dit dié keer anders as in 2012 in Londen, toe jy vierde geëindig het?

Toe ek in 2012 aan die Spele deelgeneem het, was ek ’n ander mens. Sielkundig was ek op ’n ander plek – ek wou met alle mag en mening net wen. En toe, in ’n splitsekon­de, is alles verby en ek het die medalje gemis. Dit was hartverske­urend. Dan, vir vier jaar, bou jy weer op – jy oefen, eet, slaap, dink net Spele. Jy groei as atleet en as mens.

Dié keer het ek dit anders gedoen. Ek het soontoe gegaan met die wete dat ek natuurlik wil wen, maar my lewe buite my sport is ook goed. Ek is nou ’n gelukkige mens en dit verander dinge – jy het nie soveel om te verloor nie. Ek het die dag selfs in ’n stadium vir my afrigter, Terseus Liebenberg, gesê: “Coachie, ontspan.” Ek kon in sy oë sien hy raak op sy senuwees en jy moet jou mense positief hê, want energie is aansteekli­k.

Jy het al op Facebook en in die media gesels daaroor dat jou familie nie jou verhouding goedkeur nie. Hoe hanteer jy dit?

Dis ’n moeilike, delikate situasie. Dit maak seer. Maar dan ook, dit het my gemaak wie ek is. Iemand wat bly vasbyt en deurdruk. Ek het nog altyd geweet ek is ’n sterk mens, maar ek het die laaste vier jaar [vandat sy en Limari in ’n verhouding is] op hierdie pad met my familie eers gesien hoe sterk. Soms het ek nie geweet hoe om kop bo water te hou nie, maar dis dan wat jy jouself leer ken.

Om gay te wees verander nie wie jy is as mens nie en jou keuses raak niemand anders nie. Die samelewing se siening verander tog stadigaan, maar ek wil natuurlik alles nóú verander. En jy kan nie. Elke mens het sy siening en jy gaan dit nie kan verander nie. Jy kan net soveel doen en jy kan net jouself wees, en verder moet hulle dan hul pad stap en jy joune. Dit bly vir my erg, maar dit pla my al minder. Ek het my lewensmaat en dis wat tel.

Het jy geweet jy is gay voor jy Limari ontmoet het?

Ek het geweet ek voel nie tuis in die paar verhouding­s wat ek met mans gehad het nie, al het ek nie besef ek is gay nie. Toe Limari die eerste keer vir my kyk toe ek by die ateljee was vir ’n onderhoud, het ek geweet dis waar ek wil wees.

Daar is niks so mooi soos twee mense wat mekaar opreg en diep liefhet nie – of dit nou man en man is, vrou en man, of vrou en vrou. Om die voorreg te hê om lief te wees vir iemand, langs hulle wakker te word, iemand te hê wat jou ondersteun – ek sê elke dag dankie, Here, want ek voel geseënd. Haar familie is ook wonderlik en het my van die eerste oomblik af aanvaar.

Dit klink of jy betekenis in alles kan sien. Is jy ’n glas-halfvol-mens?

Ek was nog altyd so, ja. Moeilike dinge kom oor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa