Sarie

KOOK & KONKEL

-

staan.’ Erik tel die foon op en dit gebeur. Dan staan hy terug. Hy verkyk hom aan my, neem hordes foto’s, hy is ’n baie goeie fotograaf. Hy wil nie in voorgestoe­ltes werk nie, maar agter die skerms. Hy is egter snaakser en maak beter kos as ek.”

Hulle werk hulself uitasem, skouer aan skouer. Nataniël: “Ons baklei nooit nie. Ek sal sê: ‘Nooit, man, is jy mal? Stop dit. Skiet my eerder!’ En Erik: ‘ Sorry.’ En dis verby. Of: ‘Moenie voor die kameras vloek nie.’ Dan vloek hy drie keer en ons moet dit uitsny.”

Hulle het Nantes 2 op verskillen­de plekke geskiet, veel meer as die vorige seisoen. Die vaste kombuis was in die dorpie La Haie-fouassière net buite Nantes. Die tuiste van LUkoekies, wêreldwyd bekend. Die fabriek bak elke dag ’n paar miljoen koekies en die reuk daarvan hang swaar oor die dorpie. Varsgebakt­e vanielje, amandels, sjokolade, koekdeeg . . . “Jy is altyd honger,” ween Nataniël.

Nantes se vorige seisoen was een van die gewildstes op kyknet. Mense het op Facebook laat weet dis hul “weeklikse tyd vir asemhaal”, “die vakansie wat hulle nodig het”, “visueel so mooi” en “die liefde tussen twee broers, só aangrypend”. Dit wys ’n sy van Nataniël wat mense nie ken nie, reken Erik. “Ek kan ’n bietjie met hom gekskeer en dit openbaar sy persoonlik­e kant. Ons het nie ’n teks nie, nie een van ons het ’n idee wat die ander een gaan kwytraak nie. Ons weet nie eens altyd wat die ander een gaan kook nie. So binne hierdie byna slordige spontaneït­eit vind ons, asook die kykers, ’n gebondenhe­id. Nie een van ons kan eintlik glo kykers wil na die twee bles ooms kyk nie!”

Boonop ook geïnspiree­r word om ’n draai in Nantes te maak, nie net die pad Parys en Provence toe snuif te trap nie. Só is die terugvoer uit dié stad, waar die plaaslike toerismera­ad vir onse spannetjie “die strate toe en deure oopmaak”.

Nantes 2 is ’n nuwe storie, meer dramaties, vertel Nataniël. Elke program het ’n ander ligging, tema, gas en verrassing. “Daar is baie leefstyle in Nantes. Verlede keer het ons die landelike een gewys. Dié keer feature die kastele, châteaux, katedrale, eeue se geskiedeni­s in bakstene. Ek wou onder elke koepel gaan kyk en ek hét.”

Dit was ook meer persoonlik van aard vir Nataniël en die mense wat hom lank ken, reken Erik. “Daar is ’n paar episodes met wonderlik emosionele oomblikke. Nataniël se grimeerkun­stenaar die afgelope 25 jaar, Lyn Kennedy, het een keer so gehuil sy het haarself in haar kamer toegesluit en ons het ’n dag se verfilming verloor.” Maar nee, hy verklap nou niks nie.

Kos is natuurlik sentraal. Syne is maar dieselfde as met Nantes 1, sê Nataniël. Erik maak Franse geregte en gebruik “gadgets wat ek nog nooit gesien het nie. Ek is nog ouer en my kos nog vinniger en rowwer. Ek gooi alles net kwa op die bord. Gee my bredie en ’n sny brood en ek is op my gelukkigst­e. Erik weer kook die perfekte kos, die ene blommetjie­s en druppeltji­es. Hy is ure besig om custard met ’n vurkie te klits sodat dit nie skif nie.”

Erik: “Nataniël is onbuigsaam noukeurig, van blompotte rangskik op sy stoep tot sy keuse van toiletpapi­er. Met kos het hy ’n byna aardse manier van kook, minimum bestanddel­e en maksimum smaak. Ek hou van die proses van kook en om ’n bord te verfraai. In ’n persoonlik­e hoedanighe­id is ek weer andersom, ek dra T-hemde met vuil kolle, geen ringe, horlosies, brille of mode-artikels nie en vergeet gereeld my gulp oop.”

Nataniël het boonop drie maaltye per dag vir die span berei. En saans van moegheid “inmekaarge­sak”. “Anders mors hulle die kombuis vuil. Diep in my hart is ek mos maar ’n koshuismoe­der.”

In Nantes het hulle ’n regte marquis en marquise ontmoet, die “laaste in die wêreld”, à la Nataniël. “Ek het gedink hulle dra kroontjies, maar hulle lyk soos die tuinier en sekretares­se. En hulle het die lelikste kar . . .” Die Château de Goulaine is “so groot soos Gauteng”, ’n duisend jaar lank reeds die woonplek van die markies de Goulaine se familie. Die markiesin, ouer as 80, het al die pad uit Londen vir die ontmoeting gekom, waarom weet Nataniël nie. Sy en haar seun, die markies, het meer foto’s van hulle geneem as ondersom.

Mos Boere- royalty, onse Nataniël. Raai wat het die inwoners van Nantes in hul rariteitek­as gesit, daar vir die volgende duisend jaar? Nataniël se gesig op ’n rivierklip, geskilder deur die plaaslike kunstenaar Joubert Stander. Dit tickle Nataniël, dat sy peetkinder­s eendag daarna sal kan kyk en sê: “Dis my peetpa daai.”

“The final face will be mine when I really feel fine . . .” sing hy in Mannequin, sy jongste show. Dus: Jou regte gesig, die egte een, wys jy as jy die dag goed voel. Nie as jy kwaad, siek of hartseer is nie.

Jy sien Nataniël s’n in Nantes.

* Edik van Nantes 2 op kyknet te sien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa