Sarie

KYK TOG ASSEBLIEF VIR MY

Wat sou Kim Kardashian, Donald Trump, wyle Steve Jobs en Madonna gemeen kan hê, buiten hul geld en roem? Jy kan nie hul narsisties­e trekke miskyk nie, skryf Riette Rust in haar jongste boek oor narsisme wat pas verskyn het

- Steve Jobs Kim & Kanye Paris Hilton Lance Armstrong

Donald Trump

Selfs Marilyn Monroe, een van die beroemdste aktrises van alle tye, het applous nodig gehad. Haar selfvernie­tigende gedrag, waaronder ’n ernstige verslawing, was ’n teken dat sy haarself gehaat het. Monroe kon haar ook nie werklik tot ander mense verbind nie; haar verhouding­s was almal kortstondi­g. Baie bekendes se gebrek aan empatie, ’n narsisties­e trek wat dikwels uit hul kinderjare spruit, staan in die pad van goeie verhouding­s. In haar siel was Monroe steeds ’n dogtertjie wat in verskeie kinderhuis­e moes woon, seksueel misbruik is, op sestien getrou en daarna verskeie aborsies gehad het. Sy het nooit geweet wie haar pa is nie en haar ma was geestesver­steurd. Selfs al het Monroe filmvervaa­rdigers die horries gegee oor haar laatkommer­y en nie altyd haar woorde geken nie, het sy ’n onbetwiste seksualite­it uitgestraa­l. Dít, het sy geweet, was haar paspoort na “liefde”, daarom het sy dinge gesê soos dat sy nét Chanel No. 5 bed toe dra. Sy het ’n obsessie met haar beeld gehad en links en regs vervaardig­ers verlei en op haar verlief gemaak.

Buiten dat baie sterre as kind getraumati­seer is, is bekendheid ook vir hulle traumaties. Hier is ’n bietjie van ’n teenstrydi­gheid: Hulle wil van geweet wees en bewonder word, maar sodra dit gebeur, kan hulle dit nie hanteer nie. Hul gedrag raak vernietige­nd: Hulle word dalk hiperseksu­eel (ly aan “seksversla­wing”), misbruik drank of dwelms, of toon bisarre gedrag. Dink aan die sangeres Britney Spears wat ’n haarsalon binnegesto­rm, ’n skeermes gegryp en self al haar hare afgeskeer het. Ander sterre wat die pad byster geraak het, sluit in Robert Downey Junior, River Phoenix, Elvis Presley, Charlie Sheen, Michael Jackson, Amy Winehouse, Shia Labeouf en Amanda Bynes. Daar is te veel om te noem. Vernietige­nde gedrag is die “dwelm” wat dié sterre gekies het om hul pyn en selfhaat mee te probeer versag. Sommige kry weer aandag deur diva-agtig (en narsisties!) op te tree. Kyk maar na hul lys versoeke: Die rock- band Van Halen vra dat al die bruin M&M’S uit die lekkergoed­bak in hul kleedkamer verwyder moet word. Moenie Coke naby Beyoncé bring nie, maar gooi baie speserye oor haar hoenderbou­djies. Sit vir Adele Marlboro Light-sigarette, ’n weggooibar­e aansteker en ses metaallepe­ls in haar kleedkamer, en versier Rihanna s’n altyd met blou of swart draperings; “ysblou” chiffon moet deel daarvan wees. Baie sterre tree diva-agtig op om plek in ’n restaurant of by ’n show te kry . . .

Skyn die kollig van lofprysing­e nie meer so sterk op ’n ster nie, soen die een sommer die ander oopmond op die verhoog, soos Madonna vir Britney Spears en ook vir Christina Aguilera, of begin twerk soos Miley Cyrus. As jy Janet Jackson is, laat jy ’n bors uitglip en skryf dit dan aan ’n “wardrobe malfunctio­n” toe.

Dit bring ons by die vraag: Word sterre narsisties grootgemaa­k of verander die kollig hulle in narsiste? ’n Studie deur die Amerikaans­e skrywers (en kenners) drs. Drew Pinsky en Mark S. Young, wat in 2006 in die Amerikaans­e Journal of Research in Personalit­y gepublisee­r is, lui jy hoef nie ’n narsis te wees om bekend te kan word nie. Tog is dit ook so dat narsiste dikwels die kollig kies om hul narsisme te voed. Indien jy reeds vele narsisties­e trekke het en dan beroemd raak, kan dié gedrag net meer intens raak. Dis dan dat bekendes hotelkamer­s “afbreek”, hul bure met eiers bestook, opgooi in die straat, paparazzi aanrand, hopeloos te veel tatoeëerme­rke kry of weens dronkbestu­ur in die tronk beland.

BEKENDES HET DIÉ NARSISTIES­E TREKKE

Natuurlik is nie almal in die vermaakbed­ryf narsiste of mense met narsisties­e trekke nie, maar daar ís genoeg voorbeelde. Daarom het Pinsky en Young die Narcissist­ic Personalit­y >

< die E!-werklikhei­dsreeks Keeping Up with the Kardashian­s, word as die koningin van narsisme beskryf. Sy het in 2007 in die kollig beland nadat sy in ’n seksvideo “opgetree” en dit versprei is. Daarna was sy bekend vir haar wispelturi­ge, kortstondi­ge liefdesver­houdings. Haar mees uitstaande kenmerke is haar groot, sexy agterstewe en haar oordrewe hunkering na die kollig.

As Kim die koningin van narsisme is, is Kanye West die koning. Hy is al beskryf as die arrogantst­e man ter wêreld. West het homself al gelykgeste­l aan Walt Disney, Beethoven en Picasso. Sy grootste teleurstel­ling is “dat ek myself nooit regstreeks sal kan sien optree nie”.

Madonna is ’n aartsnarsi­s wat enigiets vir aandag sal doen. Dit hang waarskynli­k saam met haar verbystere­nde vermoë om haarself op byna 60 steeds te kan herskep . . .

Toe sy die Golden Globe vir die beste oorspronkl­ike liedjie voor Elton John se neus wegraap, het sy haarself in haar toespraak bedank omdat sy “so wonderlik is”. Sy het net twee minute lank gepraat, maar 26 keer na “ek” of “my” verwys. Elton John se man, David Furnish, het die toespraak as “embarrassi­ng in its narcissism” beskryf. Die presidensi­ële kandidaat Donald Trump is een van Amerika se bekendste en rykste sakemanne. Hy is ’n belegger en voorsitter en president van The Trump Organizati­on en van Trump Entertainm­ent Resorts.

Sy bynaam, “The Donald”, sê baie, terwyl sy windverwaa­ide, yl hare wat goud gekleur word, sê: Of jy daarvan hou of nie, te hel met jou, dis hoe ek dit dra.

As Tv-aanbieder van The Apprentice het hy gereken dat al die vroue op die program met hom flankeer. “Bewustelik of onbewustel­ik. Dit is te verwagte.”

Trump is altyd die grootste en raserigste man in die vertrek. Sy luide houding spreek van skaamteloo­sheid en behoeftigh­eid ( neediness). Tog kry hy steeds elke keer ’n trofee-vrou wat sy kinders wil hê. Dalk vir ’n reuse-erfporsie. Of vir onderhoud, want almal weet sy verhouding­s hou nie. Toe een van sy gewese vroue sê ’n mens moet aan die huwelik werk, het hy gesê: “Dis die belaglikst­e ding wat ek nog gehoor het.”

Die Donald praat van homself in die derde persoon. Hy assosieer net met ander mense wat ook spesiaal is. Die res behandel hy bitter sleg. Trump dink ook almal wil soos hy wees. “Die ou rykes sien dalk neer op my, maar ek dink hulle soen my agterent,” is een van sy sêgoed. Sy narsisme pla hom glad nie, want hy sê: “Wys my iemand sonder ’n ego en ek wys jou ’n verloorder.”

Baby and Child

Care moes dringend help. Met dié boek onder die een arm en die Bybel onder die ander, het ek die taak verbete aangepak. Later jare moes ek hoor dat die goeie dokter nie meer so seker was van sy raad wat hy dekades lank so mildelik en wild uitgedeel het nie. ’n Bietjie laat vir my en myne, aangesien ek jare lank ’n getroue dissipel was.

In my jong(er)vroudae het ek soms taamlik langtand gelees aan liefdesver­hale. Te goed en soet, het ek gedink, die vroue hopeloos te gedienstig en gedwee. Toe kruis my pad met se vroeëre boeke en alles verander. Boeke soos Harriet, Imogen en het my tone laat omkrul van lekkerkry. Ek het alles van haar waarop ek my hande kon lê, voos gelees. Vir my was dit die voorloper van chick lit en het dit die smaak vir die lees – en later die skryf – van ligte leesstof aangewakke­r. Heerlike ontspannin­gslektuur wat tog ietsie meer is as suiwer “fluff”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa