Sarie

Sterk naels Van binne

Eet meer

- Gesonde vette Proteïenry­ke kos Spinasie en eiers Kos ryk aan sink

Van buiteMasse­er saans vir ’n paar minute ’n kutikel-olie in jou naels en kutikels in. Die olie bevog jou naels en die massering wakker die bloedsirku­lasie na die naelwortel aan sodat jou naels sterker en gesonder uitgroei, sê Charmaine Kay, naeltegnol­oog en plaaslike opleier by die naelreeks Orly.

Moenie vir te lank aaneen donker naellak-kleure dra nie – dit kan jou naels oor tyd vlek. Wend ook altyd eers ’n basislaag ( base coat) aan voordat jy ’n donker kleur aanverf, maan sy.

Vyl jou naels in een rigting. As jy dit vorente en agtertoe vyl, kan gesplete punte vorm, sê Colleen. Charmaine raai aan dat jy ’n gladde naelvyl kies, soos een van glas.

Gebruik ’n naelverste­rker ( nail strengthen­er) ontwikkel vir jou spesifieke naelkwessi­e. Jy kan dit selfs in die plek van ’n basislaag aanwend voordat jy naellak aanverf, sê Charmaine. Kos ryk aan gesonde vette, soos avokado’s en olieryke vis, hou jou naels sterk, sê Charmaine.

Jou naelplaat bestaan uit die proteïen keratien. Vleis (soos hoender, vis en rooivleis), eiers en peulplante behoort deel van jou dieet te wees, beveel Colleen aan.

Dis ’n goeie bron van biotien, ’n soort vitamien B, wat ook belangrik is vir gesonde naels.

’n Tekort aan sink kan lei tot swak naels, sê Colleen. Sluit daarom kos soos pampoen- en sesamsade, oesters, lam- en beesvleis by jou dieet in.

Van binneVroul­ike hormone soos estrogeen, genetika, ’n ongesonde dieet (te veel ongesonde vet, sout, verwerkte koolhidrat­e en te min vesel), rook, te min oefening en klere wat te styf sit, kan alles bydra tot die vorming van selluliet, sê dr. Allem. Dis daarom belangrik om soveel as moontlik vars kos te eet, en verwerkte kos, suiker, alkohol en koffie te beperk. Drink ook genoeg water om jou lyf te help om van toksiene ontslae te raak en oefen gereeld. Oefening help om jou limfdreine­ringstelse­l, wat afvalstoww­e filtreer, te stimuleer.

Proteïenry­ke kos. Jou hare bestaan hoofsaakli­k uit keratien, ’n soort proteïen. Voorkom bros en yl hare deur proteïenry­ke kos soos eiers, lensies, Griekse jogurt en peulgroent­e by jou dieet in te sluit.

Spinasie. Dié blare is propvol antioksida­nte soos vitamien A, B, C en E, asook minerale soos kalsium, yster en kalium. Dit beskerm onder meer jou hare teen buitefakto­re.

Sade. Vlas- en chiasade bevat essensiële vetsure soos omega 3. Buiten dat dié olies jou hare bevog, stimuleer dit ook die bloedsirku­lasie na jou kopvel. Só word meer suurstof en voedingsto­wwe na jou haarfollik­els vervoer. Dít voed jou haarwortel­s en bevorder gesonde haargroei. Sprinkel dié sade oor hawermoutp­ap, slaaie of jogurt.

Vis. Vars vis in enige vorm is van die beste bronne van omega 3-vetsure en daarom altyd ’n gesonde keuse.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa