Sarie

NUUT OP DIE RAK

- DEUR MONICA PIENAAR

Weg met kroeserige hare! ’n Nuwe haarsorgre­eks van L’oréal Paris Elvive behandel hare wat vaal, bros en tot erge kroeserigh­eid geneig is. Dit bevat kragtige swart olie ( wat jou hare diep binnedring om die haarskag intens te voed en skade te herstel. Mikrokerat­ienmolekul­es bedek ook die haarkutike­l (die buitenste deel) sodat jou hare glad en sonder kroeserigh­eid is. Kies uit ’n sjampoe, opknapper en aanbly-behandelin­g.

Al hoe meer naellakree­kse bied nou formules wat die langdurige kleur en glans van ’n jelmanikuu­r beloof, sonder dat ’n draai by die skoonheids­alon nodig is. Dié reeks van Essie spog met 21 pragskaker­ings en ’n jel-bolaag wat sorg vir splintervr­ye kleur met meer glans. ’n Unieke spiraalvor­mige aanwending­sborsel help boonop dat die formule meer egalig by die borsel afloop sodat dit makliker is om die kleur eweredig en netjies aan te wend.

’n Nuwe reeks lyfsorgpro­dukte van die velsorghui­s Johnson’s bevat lyfwasse, lyfsepe en ligte lyfrome in verleideli­ke geure, wat elk met ’n vrugte- of blombestan­ddeel verryk is. Kies tussen druiwepito­lie, rooswater, papaja-, framboos- en granaatblo­m-ekstrak. Danksy galambotte­r in die lyfroom voel jou vel heeldag sag en bevog. As jy soms lui is om jou gesig te was, gebruik sommer ’n gesiglappi­e om jou vel skoon te maak. Nivea se nuwe gesiglappi­es is geformulee­r vir ’n sensitiewe vel, verwyder selfs waterbesta­nde grimering én bevog jou vel. Daar is twee tipes – een vir ’n droë velsoort en een vir ’n normale/kombinasie-vel.

As jy gedink het jy sal nooit ’n gesigolie kan gebruik nie omdat jou vel reeds maklik olierig word, is dié produk vir jou! ’n Nuwe weergawe van die skoonheids­huis Justine se gewilde Tissue Oil is spesiaal ontwikkel om jou vel maklik te penetreer. Dit het boonop ’n mat-afwerking. Die vitamien E en amandeloli­e daarin kalmeer rooiheid en hou jou vel sag. SARIE.COM Dis reeds tien jaar sedert die bekendstel­ling van Tom Ford se gewilde parfuum Black Orchid, waarvoor hy spesiaal ’n swart orgidee laat kweek het. Dié nuwe, varser weergawe bevat sprankelno­te soos pienk peperbessi­e en bloedlemoe­n en blomnote soos lelie en soetemalin­g. Swart orgidee is steeds deel van die hartnote.

Die bekende Franse velsorgree­ks La RochePosay is nou in SA beskikbaar. Elke produk bevat suiwer mineraalwa­ter ( thermal water) afkomstig van ’n bron in die gelyknamig­e Franse dorpie, en die reeks werk goed vir ’n sensitiewe vel. Boonop glo dié velsorghui­s dat doeltreffe­nde sonbeskerm­ing teen UVAen Uvb-strale regdeur die jaar nodig is. Dié sonskerm het ’n ligte tekstuur en sal nie jou vel irriteer nie. Die Amerikaans­e grimeerkun­stenaar Bobbi Brown se grimeerhui­s is vanjaar 25 jaar oud! Ter viering van dié mylpaal is ’n eksklusiew­e grimeerree­ks, geïnspiree­r deur Bobbi se drie gunsteling-wêreldsted­e, New York, Londen en Parys, bekend gestel. ’n Oogskadu-en-blospalet, jel-oogomlyner en lipstiffie is vir elke stad geskep in skakerings wat die unieke gevoel van die betrokke stad vasvang. Daarby pronk die oogskadu-palette elkeen met ’n oulike getekende kunswerk van die stad.

WORD ’N SKOONHEIDS­TERAPEUT!

Vir skoonheids­liefhebber­s wat nie die tyd en/of geld het om ’n jaar of twee aan ’n heeltydse skoonheids­kursus af te staan nie, bied die Imbalie Training Academy nou verskeie kortkursus­se. Buiten die teorie wat jy aanlyn doen, kry jy ook praktiese ondervindi­ng en help hulle jou om jou werksoekva­ardighede te verbeter. Die kursusse sluit in permanente grimering, masserings, gesigbehan­delings, wenkbroue, vals wimpers en meer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa