Sarie

KOREAANSE INSPIRASIE Probeer

-

Suid-korea is toonaangew­end as dit kom by skoonheids­tendense, en die gemiddelde vrou hier se velsorgroe­tine bestaan uit tot 12 stappe, volgens ’n artikel in die Britse Vogue. Skoonheid is dus ’n groot bedryf in dié land en dit is glad nie verrassend dat hulle met allerlei interessan­te produkte soos gesigmaske­rs in die vorm van ’n gesiglappi­e ( sheet masks) en Bb-rome vorendag kom nie! Die volgende groot gier uit dié land is sogenaamde cushion compacts – ’n produk met ’n kussinkie wat met vloeibare onderlaag deurdrenk is en waarop jy ’n sponsie druk om die onderlaag vry te stel voor jy dit aanwend. Dié slim produk, wat byna deursigtig­e bedekking bied, sorg dat jy net genoeg onderlaag gebruik. Die eerste van hierdie onderlae het SuidAfrika bereik en ons voorspel dit gaan vorentoe ’n groot skoonheids­tendens wees.

Vir aanhangers van die Franse mode- en skoonheids­huis Yves Saint Laurent is daar goeie nuus: Hul grimering is nou by die eksklusiew­e YSL Beauté Boutique in Sandton City in Johannesbu­rg beskikbaar. Kies uit produkte soos hul ikoniese Touche Éclat (R600), ’n verbloemer en verligter in een, of iets nuuts soos Babydoll Kiss & Blush (R590, foto), ’n produk wat kleur aan jou lippe én wange gee. Ter viering van hul 40-jarige bestaan stel die Switserse horlosiema­atskappy Raymond Weil ’n nuwe manshorlos­ie, die Freelancer Skeleton, bekend. Die eerste Freelancer-horlosie is in 2006 deur die derde geslag van dié familie bekend gestel ter ere van die maatskappy se stigter, Raymond Weil. Die stylvolle Freelancer Skeleton (prys op aanvraag) se gesig van staal is bedek met ’n swart Pvd-laag (Physical Vapor Deposition). Die wysers is van roosgoud en die horlosie het ’n swart kalfsleerb­andjie. Raymond Weil-horlosies word versprei deur Picot & Moss. www.picotandmo­ss.com Die veerligte, douerige onderlae wat tans hoogmode is, val nie in almal se smaak nie. As jy ’n mat-onderlaag verkies, maar steeds wil hê jou vel moet straal, is die skoonheids­huis Chanel se nuwe onderlaagf­ormule, Le Teint Ultra Tenue Compact (R970), ’n goeie keuse. Dit bevat twee soorte poeier: Die een weerkaats lig vir ’n helderder vel en die ander versprei lig om porieë kleiner en jou veltekstuu­r gladder te laat lyk. ’n Vloeibare formule, Fluid Foundation (R900), is ook beskikbaar. As jy ’n vrygees is, is dié reeks geïnspiree­r deur ’n woestynsko­onheid, die kaktus, vir jou. Die Cartierrin­g en bypassende halssnoer kry volume met geometries­e koepels van 18-karaat-goud, verlig deur kosbare doudruppel­s en krone van stralende lapis lazuli en diamante. Pryse op aanvraag. www.cartier.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa