Sarie

Rys-frittata met kruie en aspersies

- Genoeg vir 6

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie en botter tot warm in groot oondvaste pan. Voeg uie en spek by en roerbraai vir 5 – 8 minute of tot spek geurig en bros is. Voeg rys by en roerbraai nog 2 minute. Voeg aspersies by en roerbraai 1 minuut. Geur goed met sout en peper. Maak rysmengsel gelyk in pan met agterkant van lepel. Gooi eier oor en plaas pan in oond. Bak vir 10 – 12 minute of tot eier gestol en gaar is. Keer uit op opdienbord en krummel feta oor. Sit voor.

In balansHier­die eierspaan van Eva Solo is nie net baie mooi nie, maar so ontwerp dat jy dit op die kant van jou pot kan balanseer en nie jou werkvlak vuil maak wanneer jy dit nie gebruik nie. Sowat R199 by kombuiswin­kels landwyd

MIDDAGETE BY DIE WERK

Gekookte eiers ingepak vir middagete by die werk is vullend en ’n goeie energiebro­n, maar dis nie altyd lekker koud nie. Met dié eierkoker van Sunbeam kan jy tot 7 eiers in hul dop gaarmaak sonder ’n pot of stoof naby. Sowat R349 by Checkers

SPEK-KONFYT

Ja, jy het reg gelees. Die nuwe woord op byna elke spyskaart is deesdae spek-konfyt: dis suikersoet en gemaak van heuning, speserye en natuurlik spek! Dié produk uit The Cooksister se reeks is heerlik op roosterbro­od saam met sagte eiers. Sowat R89 vir 300 g by uitsoek-deli’s of aanlyn by www.yuppiechef.com

KOOK BUITE

Die gebruik van vuur om kos gaar te maak is niks nuuts nie. In dié keramiek-kamado van die Big Green Egg met sy ingeboude termometer kan jy steak braai, hoender rooster, pizzas en brood bak, stowegereg­te gaarmaak en selfs vis of vleis rook. Vanaf R9 999 by huiswarewi­nkels landwyd

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa