Sarie

UIT PROVENCE

Die wêreld het ge-aa toe 33 verwaarloo­sde sirkusleeu­s uit Suid-amerika by hul vir-altyd-tuiste in Limpopo aankom. Dit het alles begin by ’n meisiekind, haar erfplaas en ’n groot droom

- DEUR FOTO’S

Dis ’n storie oor ware liefde dié. Die soort wat (amper) alles verdra en vergewe. Want jy moet rêrig lief wees vir jou man as hy jou kan oorreed om saam met die hele gesin te gaan kampeer, terwyl jy eintlik nie van kampeer hou nie. Maar jy weet ook julle kan eintlik nie ’n ander soort vakansie bekostig nie.

En jy moet éérs lief wees vir hom as julle ná ’n lang dag se ry in ’n bedompige kar vol klaende kinders oplaas by die kampeerple­k opdaag, en jy ontdek dat hy die boks met al die kooktoerus­ting by die huis vergeet het, en jy kry dit reg om hom nie met ’n tentpen teen die kop te gooi nie.

Want soos die meeste mans dring hy daarop aan om sélf die kar te pak, om elke stukkie spasie ten beste te benut. Maar omdat jy so lief is vir jou man, eet jy ’n week lank koue kos, sonder om hom te vergiftig, uit papierbord­e, met plastiekle­pels. Plat op die grond. Want saam met die boks met alles wat nodig is om te kook en te eet, het die opvoutafel en -stoele ook by die huis agtergebly.

En hoewel jy jou voorneem om nóóit, óóit weer ’n kampeerder­y aan te pak nie, oorreed hy jou tog baie jare later om dit weer te probeer. Want jy’s mos rêrig, rêrig lief vir jou man, en dié keer is net die jongste van die vier kinders nog in die huis, dus oortuig jy jouself dit moet mos makliker wees. Minder kinders beteken minder bagasie beteken minder belangrike dinge wat vergeet kan word. En julle kan steeds nie eintlik ’n beter soort vakansie bekostig nie.

Só dog ek toe ek en my man en ons dogter onlangs in die Pirenese berge tussen Frankryk en Spanje gaan kampeer, met die doel om elke dag lang ente te stap. Toe ons vroegaand by ’n lieflike afgesonder­de kampeerple­k diep in die berge opdaag, haal ek heel eerste die kookboks en tafel en stoele uit (wat ek dié keer self ingepak het, net om doodseker te maak) om aandete te maak terwyl pa en dogter die twee tentjies opslaan. En daar breek die oomblik van afgryse aan. Ek dog my man maak ’n grap toe hy vra waar is die slaapsakke en die matrassie wat in ons tent moet kom. Ek het dit dan self die vorige aand by al die ander bagasie langs die voordeur neergesit sodat hy dit vroegoggen­d kan inpak! Ná hy laas die kookgoed vergeet het, kon hy tog nie dié keer die slaapgoed vergeet nie!

Helaas. Ons het daardie nag op die klipharde grond van die Pireneë deurgebrin­g, met al ons klere bo-oor mekaar aangetrek en handdoeke oor ons bibberende lywe gegooi, want so hoog in die berge word dit selfs in die somer bitter koud snags. Teen drieuur die oggend het my selfoon my ingelig dat die temperatuu­r sewe grade Celsius was. My tande het geklap en elke spier in my lyf het gepyn van ongemak en ek het probeer om in die kar te gaan slaap. Vergeefs. Dit het later gevoel asof die hele kar skud soos ek bewe.

Vroeg die volgende oggend het ons ’n dorp gaan soek met ’n winkel wat slaapsakke en opblaasmat­rasse verkoop. En die res van die week het ek só gemaklik geslaap – vergeleke met daardie aaklige eerste nag – dat ek amper begin glo het ek hou nogal van kampeer.

Nou wonder ek net, indien ek lief genoeg is vir hom om ooit weer saam met hom te gaan kampeer, wat sal hy volgende keer vergeet. Die tent?

Dít sal nou vir jou ’n toets vir ware liefde wees – en ek is nie seker of ek dit sal slaag nie.

LYDIA VAN DER MERWE AMANDA MARAIS

paar maande reeds afgeleer. Natuurlik is hulle steeds geïnteress­eerd in wat mense doen, want hulle is intelligen­te diere. Die meeste van hulle het hul vertroue in mense teruggekry, hulle weet ons maak hulle nie seer nie. Maar ons vermy nog vinnige bewegings. Jy kan duidelik sien hulle raak ongelukkig as ons iets soos ’n hark of graaf in die hand het, iets wat na ’n stok lyk. Dit herinner hulle aan hoe wreed hulle geslaan is.”

Die leeus is eers afsonderli­k in kleiner kampe gehou. Hul habitat is daarna geleidelik vergroot en hulle word nou aan mekaar bekend gestel. Volgens Savannah is hulle ontspanne genoeg om minder op hul omgewing te fokus en meer op die ander leeus. “Ons kan dus verskillen­de diere langs mekaar sit en kyk of hulle ’n verhouding opbou. Hulle het verskillen­de persoonlik­hede en party hou van mekaar en ander nie. Dit neem tyd.”

Een familie is reeds geïntegree­r, ’n mannetjie en drie wyfies. Leo en Mūneca is oud, beweeg en sien moeilik en het nie veel tande oor nie. Mūneca het haar energieke twee dogters, Africa en Kiara, te veel gemis en hulle is nou herenig. Van die ander leeus word ook reeds vir rukkies bymekaarge­sit, maar het nog nie families gevorm nie.

’n Omheinde kamp is ’n minimum van een hektaar groot en hoe meer diere saam is, hoe groter is die kamp. Dis duur om te bou en te onderhou. Een leeu se kos, aanvulling­s, veeartsen ander koste is sowat R5 000 per maand. (Hulle eet elkeen gemiddeld tussen 120 – 130 kg wildsvleis per maand.) Emoya is afhanklik van skenkings en borge en jy kan ’n leeu, of selfs net ’n maaltyd, borg.

Dit is nou Savannah se lewe. Sy mis nie winkelsent­rums en die dinge wat ander jong volwassene­s se lewe gewoonlik vul nie. “Ek het nie baie vrye tyd nie. Maar wanneer ek het, is ek by die huis en probeer soveel moontlik ontspan. Want ons is die hele dag op ons voete.”

Die twee vroue het ook ’n niewinsgew­ende organisasi­e, Fundit, wat hom beywer vir die bewaring van wilde diere se habitat. “Een van my drome is om ’n klein Krugerpark in die Waterberge te skep, ’n wildernisg­ebied van 100 000 plus hektaar waar wilde diere vry kan loop,” vertel Savannah.

Toe sy en Minunette op die lughawe staan en kyk hoe die kratte met leeus een-een uitkom, ’n ketting wat lyk of dit nooit gaan ophou nie, het sy, dalk vir die eerste keer, besef hoe groot die projek is en hoe baie leeus se lewe geraak gaan word.

Kyk vir ou Joseph. Voorheen was hy net bekend as Blind. Hy kan weens sy moeilike lewe skaars sien, hoor nie so goed nie en artritis maak dit pynlik om te beweeg. Maar Joseph is mal oor sy lewe. Jy sién dit aan hoe hy brul en gesels en opgewonde raak elke keer dat hy kos kry. Hoe hy in die stof neerplof en dan sommer net so lê en verder stem dik maak.

Alles gaan sommer #klopdissel­boom hier op sy plekkie onder die Afrika-son.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa